Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

DAG 17 VAN 21

Waarom ly regverdige en onskuldige mense?

Natuurlik is geen menslike wese waarlik regverdig of onskuldig nie. Die Bybel verklaar baie duidelik "almal het gesondig" (Romeine 3:23). Alle sondaars verdien om vir ewig gestraf te word en het "geen deel aan die heerlikheid van God nie". Dit is juis wat God se genade so wonderlik maak!

Om daardie waarheid te verstaan, moet ons tog erken dat op 'n betreklik menslike skaal, daar wel regverdige en onskuldige mense bestaan. Dit beteken dat daar sommige mense is wat meer sedelik en deugsaam as ander is en sommige wat ook onskuldiger is. Oorweeg byvoorbeeld iemand wat daarna strewe om altyd aan ander mense te doen, wat hulle ook aan hulself gedoen wil hê; of iemand wat daarna strewe om vrygewig met die armes te wees. Bowendien beskou die meeste mense beslis ook klein kindertjies as naïef onskuldig. Die vraag kan dus anders gestel word: "Waarom ly klein kindertjies en mense wat voorbeeldige lewens lei?"

Hierdie vraag openbaar die aanname dat daar enersyds 'n direkte verband tussen geregtigheid en onskuld is, en andersyds 'n lyding-vrye lewe is. Daar mag dalk so 'n verband bestaan, maar dis nie vanselfsprekend nie. Sonde lei wel mettertyd tot lyding, maar lyding is nie 'n onfeilbare aanduiding van sonde nie. Job se vriende kon nie hierby verby sien nie. Vir hulle was 'n mens se lyding altyd as gevolg van die persoon se sonde.

Beide die regverdige en onskuldige ly beslis om 'n verskeidenheid redes. 1) Soms sal regverdige optrede in 'n sondige wêreld wel lyding insluit — soos wanneer 'n regverdige sy of haar lewe vir 'n ander opoffer; 2) Soms sal die sonde van ander ook regverdiges se lyding betrek — 'n kind kan diep seergemaak word weens die optrede van die ouers; 3) Die regverdige en onskuldige word nie kwytgeskeld van die omstandighede van lyding wat in 'n onvolmaakte en sondige wêreld ontstaan nie — soos tandpyn en nerfaf knieë; en 4) Mense ly soms vir geen spesifieke rede wat verklaar kan word nie. Job is 'n uitstekende voorbeeld van hierdie laaste soort lyding.

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Faith and Theology: Dr. John MacArthur Q&A

Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.

More

Baie dankie aan John MacArthur en Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibl.es/MacarthurBible21dayYV