Geloof en Teologie: Dr. John MacArthur Vrae & AntwoordeVoorbeeld
Is rampe 'n teken van God se oordeel?
By die aanhoor van die episode waar Galileërs wat in die tempel met hul offerandes besig was, deur die Romeinse owerhede uitgesoek en vermoor is, moontlik omdat hulle opstandige yweraars was, stel Jesus 'n vraag aan sy luisteraars. "Dink julle dat hierdie Galileërs groter sondaars was as al die ander Galileërs omdat dit met hulle gebeur het?" (Lukas 13:2). Daar was die oortuiging onder baie dat 'n ramp en skielike dood altyd 'n teken van Goddelike misnoeë oor spesifieke sondes was (sien Job 4:7). Daar is dus aanvaar dat diegene wat op ongewone wyse gely het, aan een of ander erge onsedelikheid skuldig was (sien Johannes 9:2).
Jesus het nie die verband tussen 'n ramp en menslike boosheid ontken nie omdat al sulke beproewings wel uiteindelik uit die vloek van die mensdom se verdorwenheid ontstaan het (Genesis 3:17-19). Buitendien, spesifieke rampe mag wel die oorsaak van sekere ongeregtigheid wees (Spreuke 24:16). Christus daag dus die mense se geneigdheid uit om sedelik verhewe te voel teenoor hulle wat weens sekere rampe ly. Hy waarsku almal om hulle te bekeer anders: "sal julle net soos hulle ook almal omkom!" (Lukas 13:3). Daar word vir niemand tyd gewaarborg om vir die dood voor te berei nie, dus sê Hy: "Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding" (2 Korintiërs 6:2).
Jesus verwys ook na 'n ander ramp in Siloam waar 18 mense dood is toe 'n toring op hulle ineengestort het, waarskynlik gedurende bouwerk aan 'n akwaduk (Lukas 13:4). Weereens wonder die mense of daar 'n verband tussen die ramp en die soldate se ongeregtigheid ("ergste sondaars"), bestaan het. Jesus verduidelik dat so 'n ramp nie God se manier was om 'n sekere bose groep uit te sonder nie, maar wel 'n manier om alle sondaars te waarsku.
Aangaande hierdie leesplan
Dr John MacArthur beantwoord vra oor geloof, teologie en leerstellings. Elke dag se leeswerk sluit ook bykomende verse in om te bestudeer om 'n dieper insig in die dag se onderwerp te kry.
More