Wie Is God?Sample
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
God wil ons heilig maak
Ons het dié week gefokus op die vraag hoekom God ons aan die wet hou al kan niemand dit volmaak hou nie. Die antwoord wat vir my die meeste sin maak, is antwoord 115 van die Heidelbergse Kategismus.
God wil ons heilig maak.
Daarom het ons 1) nodig om ons sondige natuur hoe langer hoe beter te leer ken (Romeine 3:20; 1 Johannes 1:9; Psalm 32:5) sodat ons 2) met groter verlange na die vergewing van sondes en na die geregtigheid in Christus kan soek (Matteus 5:6; Romeine 7:24, 25). Dit is net wanneer 'n mens weet hoe verdorwe jou eie sondige natuur regtig is, dat jy die absolute noodsaak van verlossing besef.
Daardie sondebesef, saam met die dankbaarheid vir die verlossing, is 3) die kragte wat God in ons loslaat om ons te beweeg om sonder ophou ons te beywer en vir God te bid dat Hy die genade van die Heilige Gees vir ons sal gee, sodat ons altyd meer en meer na die ewebeeld van God vernuwe mag word totdat ons na hierdie lewe die volmaaktheid as doel bereik (1 Korintiërs 9:24; Filippense 3:12-14).
Jesus is die Apostel en Hoëpriester van ons heiligmaking
Die Here Jesus is die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis (Hebreërs 3:1). Hy het eenmaal self gely onder versoeking. Daarom kan Hy dié help wat versoek word. So verseker die Hebreërskrywer ons (Hebreërs 3:18).
En Jesus se doel met ons lewe is ons heiligmaking.
Die Hebreërskrywer waarsku ons egter teen ongeloof en ongehoorsaamheid. Ons word opgeroep om aan God vas te hou en onwrikbaar aan sy Woord vas te hou met verwysing na die Israeliete in die woestyn (Hebreërs 3:7b-11).
Die agtergrond hiervoor vind ons in Numeri 14 waar die volk gestruikel het oor die laaste hekkie om in die land Kanaän in te gaan.
Die oproep aan ons as gelowiges is soos volg:
"Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ’n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou.”
Dit is ‘n opdrag wat ons nie kan weier nie. Ons is saam hierin:
"Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie. Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle" (‘n verwysing na Josua en Kaleb se pleitrede in die woestyn om die Here te vertrou en Hom te gehoorsaam); "maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie".
Dit is iets wat ons self moet gehoorsaam:
"Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.”
En waaraan ons gehoorsaam moet wees, is uiteraard presies die Woord van God wat Hy vir ons gegee het. Hoekom?:
"Want die Woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.” (OAV)
Dit is die Here Jesus self wat dié Woord van God gebruik in ons lewe. Hy help ons om die Woord te gehoorsaam en ons lewe op God se woorde te bou. Sodat ons in die proses van heiligmaking die volmaaktheid in Christus kan bereik, al is dit dan eers ná ons dood.
Scripture
About this Plan
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans
![3-Day Bible Quest: Level 2: Love Unlocked – Powering Up Through Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55368%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
3-Day Bible Quest: Level 2: Love Unlocked – Powering Up Through Jesus
![Philippians](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54646%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Philippians
![Live Well](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55107%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Live Well
![Reflections of Faith and Justice - a Devotional by Benjamin Mays](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55146%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Reflections of Faith and Justice - a Devotional by Benjamin Mays
![Come Up Higher: A Call to Deeper Fellowship and Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54530%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Come Up Higher: A Call to Deeper Fellowship and Purpose
![GLEANINGS - Numbers](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55032%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
GLEANINGS - Numbers
![All Who Are Weary: God Is Faithful](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54872%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
All Who Are Weary: God Is Faithful
![3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55370%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World
![Play-by-Play: John (3/3)](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55369%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Play-by-Play: John (3/3)
![Building Wealth & Stewardship in the Church](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54598%2F320x180.jpg&w=640&q=75)