Wie Is God?Sample
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat is sonde? – Jakobus 1:12-15
In hierdie eerste hoofstuk van Jakobus gaan dit oor die verleiding van beproewings en versoekings versus 'n vertroue op God se gawes en voorsiening.
Aan die een kant bring volharding in beproewings ’n groot seën. Sulke gelowiges ontvang die kroon van die lewe as hulle die toets deurstaan. ·Aan die ander kant kan versoekings gelowiges verlei om God daarvoor te verkwalik, terwyl versoeking eintlik net vanuit jou eie begeertes na vore kom. As ’n mens boonop daarop reageer, bring dit die sonde voort en kan dit jou dood kos. Die skuld daarvoor kan nie voor die deur van God gelê word nie.
Daarom beklemtoon Jakobus dat God se gawes daarteenoor ’n hemelse karakter het en ons ’n uitkoms gee. Hy help ons om nie af te wyk van sy wil nie. Daarom moet ons nie mislei word nie en leef as sy skepsels wat deur sy voorsiening gevoed word, net soos Hy dit aanvanklik by die skepping gedoen het.
Die geheim van volharding in beproewings en versoekings lê in die wag op die geskenke en gawes van God. Dit is goed en dit is volmaak. Dit bevat geen donker kante nie en verduister nie jou lewe nie.
Dit is belangrik om Jakobus se beskrywing van God se karakter in dié gedeelte ter harte te neem. Dit dra die res van die boodskap van hierdie brief. Drie goed van God staan uit. God is vrygewig. God is genadig. God voorsien net die beste. Daarop kan ons staatmaak. Daarvoor kan ons bid. Daarvoor kan ons wag. Daarmee sal ons die lewe in oorvloed kan geniet!
1. Hierdie beskrywing van Jakobus wys presies uit hoe verleiding tot sonde werk. Hoe ervaar jy dit? Stem jy met hom saam?
2. Wat is die evangelie vir jou in die gedeelte? Dink oor die belofte in die eerste vers oor volharding, geloof en liefde wat tot ‘n oorwinningskroon lei. Hoe motiveer dit jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die oorwinningskroon wat daar is vir dié wat in geloof en die liefde vir God volhard.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Jakobus 1 met die tema: Volhard in beproewing.
Scripture
About this Plan
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans
![A People Set Apart | Men's Devotional](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55184%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
A People Set Apart | Men's Devotional
![Holy Marriage Holy Trinity](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55178%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Holy Marriage Holy Trinity
![The Sound of Worship: Lessons From Revelation](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55137%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Sound of Worship: Lessons From Revelation
![Act Like Men](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55231%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Act Like Men
![Shatter the Stigma](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55179%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Shatter the Stigma
![Childrearing With the End in View: A 3-Day Parenting Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55210%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Childrearing With the End in View: A 3-Day Parenting Plan
![Allowing Our Children to Grow and Go: A 3-Day Parenting Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55238%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Allowing Our Children to Grow and Go: A 3-Day Parenting Plan
![Seize the Day: A 3-Day Marriage Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55215%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Seize the Day: A 3-Day Marriage Plan
![Bible Study 3: Philip - Seizing Mentoring Moments](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55232%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Bible Study 3: Philip - Seizing Mentoring Moments
![Bible Study 2: Naomi's Journey - Finding Strength in Mentorship](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55234%2F320x180.jpg&w=640&q=75)