YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 1 OF 364

Vraag 1: Wie is God?

Jy kan aan die onderkant van hierdie bydrae die 52 vrae sien wat ek deur die loop van die leesplan gaan hanteer. Jy kan uiteraard ook direk na van die vrae gaan wat jou interesseer. Geniet!

1. Hoe dink jy oor God? Watter eienskappe van Hom beteken vir jou die meeste?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

God is groot en genadig, goed en getrou. God sorg vir alles en almal, vol liefde en trou. God is oneindig, onbegryplik en onveranderlik in wese en volmaaktheid, alwetend en almagtig, volkome wys en regverdig, barmhartig en heilig, die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is. Hy alleen moet aanbid, gehoorsaam en gedien word. Niks gebeur behalwe deur Hom en volgens sy wil nie.

3. Hoe verander hierdie beskrywing van God jou gedagtes. Hoe laat dit jou voel?

4. Lees die verhaal van Elia en die weduwee van Sarfat in 1 Konings 17. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap en oordink dit.

God is groot en almagtig. Hy het ’n groot droogte oor Israel gebring weens hulle sonde. God is genadig en getrou. Hy het vir Elia gesorg met water. Die kraaie het elke oggend en aand brood en vleis vir hom gebring. Toe die droogte te erg raak, het God ’n wonderwerk gedoen. Hy het gesorg dat die weduwee van Sarfat se meel en olie nie opraak nie. God het haar seuntjie wat gesterf het weer laat lewe om sy goedheid te wys. Hy het dit ook weer laat reën toe Israel tot inkeer gekom het. God is vol liefde en trou.

6. Watter verwagtings skep die verhaal by jou? Bring jou behoeftes in gebed voor God.

52 vrae

1. Wie is God?

2. Wat is die Drie-eenheid?

3. Wat is die mens?

4. Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het?

5. Hoe ken jy God?

6. Wat is die Bybel?

7. Hoe moet jy die Bybel lees?

8. Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het?

9. Wat verwag God van jou in sy wet?

10. Wat beveel God in die eerste drie gebooie?

11. Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod?

12. Wat beveel God in die sesde en sewende gebod?

13. Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod?

14. Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie?

15. Wat is sonde?

16. Wat is afgodery?

17. Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly?

18. Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom?

19. Watter soort Verlosser het jy nodig?

20. Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees?

21. Wat is jou enigste troos in lewe en dood?

22. Hoe kan jy verlos word?

23. Wat is geloof in Jesus Christus?

24. Waar kom die ware geloof vandaan?

25. Wat is die geloofsbelydenis van Nicea?

26. Wie is die Vader?

27. Wie is die Seun?

28. Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou?

29. Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou?

30. Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou?

31. Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou?

32. Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou?

33. Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging?

34. Kan jy deur die wet of goeie werke gered word?

35. Moet jy nog goeie werke doen en die Woord van God gehoorsaam?

36.Word alle mense gered deur Christus se verlossing?

37. Wat gebeur na die dood met mense wat nie in Christus glo nie?

38. Wie is die Heilige Gees?

39. Hoe help die Heilige Gees jou?

40. Wat is gebed?

41. Hoe moet jy bid?

42. Wat moet jy bid?

43. Wat is die Ons Vader?

44. Wat bid jy met die eerste drie bedes?

45. Wat bid jy met die laaste drie bedes?

46. Wat is die Christelike kerk?

47. Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk?

48. Wat is die Christelike tug?

49. Wat is die sakramente?

50. Wat is die doop?

51. Wat is die nagmaal?

52. Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in?

Scripture

Day 2

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More