Wie Is God?Sample

Wie is God? – Psalm 92:2-6,9
Die wonder van Psalm 92 lê aan die een kant in die struktuur wat dit vir ons gebede gee: dank, belydenis, vertroue, en verwagting. Dit is ‘n gebedsmodel wat soveel sin maak vir ons gebedslewe.
Aan die ander kant is dit die hoof Psalm vir die sabbatsweek (die fees van die weke) wat saamval met ons Pinksterweek. Dit herinner my dus daaraan om 1) tot rus te kom in die wete van God se liefde en trou, 2) om sy groot dade in herinnering te roep, 3) om my vertroue in Hom te bely en ook 4) my verwagting van sy regverdigheid uit te spreek.
“ Groots is alles wat U doen, Here!” Inderdaad.
1. Onderstreep die beskrywings van God se wese. Watter troos is daarin vir jou?
2. Onderstreep die reaksies op God. Gebruik die reaksies om met God in jou eie woorde te praat – dank, loof, aankondig, blymaak en juig.
3. Lees die verse later vandag weer om jou aan die rykdom van God se wese te herinner. Jy kan dit memoriseer as ‘n gereelde oggend- of aandgebed.
4. Jy kan later vanaand die hele Psalm lees met die tema: Groot is alles wat U doen, Here.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Sing Over Me by Vance K. Jackson

Journey Through the Gospel of Luke

Trail Builders: Riding Together in Discipleship

Marriage God's Way

UNPACK This...Super Bowl LIX

Starting Fresh in Dating: Renewing Communication for the New Year

The Synoptic Gospels

Built to Last: A Strong Family in Church Planting

Seven Signs of Glory
