Wie Is God?Sample
Wie is God? – Die getuienis van die belydenisskrifte
1. Lees die aanhalings uit die belydenisskrifte hieronder. Wat leer jy van God se wese en werke, sy sorg, syweë enwerklikheid uit die geloofsbelydenisse van die verlede? Hoe laat dit jou voel?
Nederlandse Geloofsbelydenis 1
DIE ENIGE GOD
Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar 'n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is ewig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is.
2 Korintiërs 3:17; Johannes 4:24; Jesaja 40:14.
Westminster Geloofsbelydenis 2.1-2
God en die Heilige Drie-eenheid
Daar is net een lewende en ware God, 1 wat oneindig in wese en volmaaktheid is, 2 'n heeltemal rein Gees, 3 onsigbaar, 4 sonder liggaam, dele of emosies, 5 onveranderlik, 6 ontsaglik groot, 7 ewig, 8 onbeperk, 9 almagtig, 10 volkome wys, 11 volkome heilig, 12 volkome vry, 13 en volkome absoluut.14 Hy werk alles volgens die doel van sy eie onveranderlike en volkome regverdige wil 15 tot sy eie eer. 16 Hy is volkome liefdevol, 17 genadig, barmhartig en lankmoedig. Hy loop oor van goedheid en waarheid. Hy vergewe goddeloosheid, oortreding en sonde, 18 en beloon dié wat Hom ywerig soek.19 Sy oordele is heeltemal regverdig en ontsagwekkend; 20 Hy haat alle sonde 21 en sal die skuldiges nie vryspreek nie. 22
1. Deuteronomium 6.4, 1 Korintiërs 8.4,6, 1 Tessalonisense 1.9, Jeremia 10.10
2. Job 11.7-9, 26.14, Jeremia 23.24, Psalm 147.5, 1 Konings 8.27, Ps 139.
3. Johannes 4.24.
4. 1 Timoteus 1.17.
5. Deuteronomium 4.15-16, Johannes 4.24, Lukas 24.39, Handelinge 14.11,15.
6. Jakobus 1.17, Maleagi 3.6.
7. 1 Konings 8.27, Jeremia 23.23-24.
8. Psalm 90.2, 1 Timoteus 1.17.
9. Psalm 145.3, Romeine 11.33.
10. Genesis 17.1, Openbaring 4.8.
11. Romeine 16.27.
12. Jesaja 6.3, Openbaring 4.8.
13. Psalm 115.3.
14. Eksodus 3.14, Jesaja 44.6, Handelinge 17.24-25.
15. Efesiërs 1.11.
16. Spreuke 16.4, Romeine 11.36, Openbaring 4.11.
17. 1 Johannes 4.8-10, 16, Johannes 3.16.
18. Eksodus 34.6-7.
19. Hebreërs 11.6.
20. Nehemia 9.32-33, Hebreërs 10.28-31.
21. Psalm 5.5-6, Hebreërs 1.13.
22. Nahum 1.2-3, Eksodus 34.7.
God het alle lewe, heerlikheid, goedheid en seën in en van Homself. 23 Hy alleen is algenoegsaam in en vir Homself, en Hy het ook nie enige van sy skeppings nodig nie, en Hy het geen eer daaruit nie. Hy openbaar eerder sy eie heerlikheid in, deur, aan en op hulle. 24 Hy is die enigste bron van alle wese, deur wie, met wie en vir wie alles bestaan. 25 Hy het volkome soewereine heerskappy oor alle dinge en doen met, aan of vir hulle wat hy ook al wil. 26 Alles is vir hom geopenbaar en heeltemal oop. 27 Sy kennis is oneindig, onfeilbaar en is nie afhanklik van enige geskape wese nie, 28 sodat niks vir Hom voorwaardelik of onseker is nie. 29 Hy is volkome heilig in al sy voornemens, werke en opdragte.30 Aan Hom kom enige aanbidding, diens of gehoorsaamheid toe wat hy ook al van engele, mense en alle ander skepsels verlang. 31
23. Johannes 5.26, Handelinge 7.2, Psalm 119.68, 1 Timoteus 6.15, Romeine 9.5.
24. Handelinge 17.24-25, Job 22.2,23, Psalm 50.12, Jesaja 4.12-17.
25. Romeine 11.36, Jesaja 40.12-17.
26. Openbaring 4.11, 1 Timoteus 6.15, Daniël 4.25, 35, Efesiërs 1.11.
27. Hebreërs 4.13.
28. Romeine 11.33-34, Psalm 147.5.
29. Handelinge 15.18, Esegiël 11.5, Jesaja 46.9-11, Spreuke 15.3.
30. Psalm 145.17, Romeine 7.12.
31. Openbaring 5.12-14, 7.11-12.
2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die inhoud van hierdie geloofsbelydenisse jou gee.
About this Plan
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More