Wie Is God?Sample

Wat is die Drie-eenheid? — Johannes 15:26; Galasiërs 4:6
Jesus belowe in Johannes 15:26 dat Hy vir sy dissipels die Heilige Gees, die Helper, die Gees van die waarheid, sal stuur. Die Gees sal self getuig oor Jesus en die dissipels in hul getuienis versterk. Let op hoe die sentrale Trinitariese waarheid in hierdie vers beklemtoon word. Die Gees gaan van Jesus en die Vader uit. Hulle is dus Een Wese, maar onderskeibaar in Drie Persone.
Galasiërs 4:6 beklemtoon dat diegene wat geloof in Christus het, het mondig geword. Hulle is nie meer kinders (nēpios) sonder erfenis en vryheid nie; hulle is kinders (huioi). Daarom het God ook die Gees van sy Seun uitgestuur. God het dus nie net sy Seun gestuur nie (vgl Johannes 3:16). Hy het ook die Gees van sy Seun gestuur. Die inwonende teenwoordigheid van die Gees legitimeer daarmee die Galasiërs se identiteit as kinders van God. Sodat hulle ook kan uitroep: “Abba! (Vader)” (vgl Romeine 8:15).
1. Onderstreep die beskrywings van die Drie-eenheid. Wat staan vir jou uit van elke persoon?
2. Die beskrywings van die Drie-eenheid word aan elkeen se rol in gelowiges se lewe gekoppel. Hoe ervaar jy die onderskeie persone van die Drie-eenheid?
3. Lees die verse later vandag weer om jou aan God se teenwoordigheid en begeleiding te herinner.
4. Jy kan later vanaand albei gedeeltes lees in die konteks van Johannes 15 en Galasiërs 4 met die temas: 1) Om Jesus te aanvaar en sy pad vir jou te omhels, is die lewe, en 2) Ons is kinders van die belofte – Sola Scriptura.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Sing Over Me by Vance K. Jackson

Journey Through the Gospel of Luke

Trail Builders: Riding Together in Discipleship

Marriage God's Way

UNPACK This...Super Bowl LIX

Starting Fresh in Dating: Renewing Communication for the New Year

The Synoptic Gospels

Built to Last: A Strong Family in Church Planting

Seven Signs of Glory
