YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 12 OF 364

Wat is die Drie-eenheid? — Matteus 28:19; 2 Korintiërs 13:13

Matteus sluit sy evangelie af met die Groot Opdrag aan die dissipels om dissipels van alle nasies te gaan maak. Alle mag behoort nou aan Jesus. En Hy werk deur sy dissipels om sy koninkryk te vestig. Die doop in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees word die onderskeidingsteken van die volgelinge van Jesus wat alles onderhou wat Hy hulle beveel het.

Paulus sluit sy tweede brief aan die Korintiërs af met 'n seënwens wat dit aan die Drie Persone van die Drie-eenheid verbind. Die terme wat Paulus gebruik – “genade”, “liefde” en “gemeenskap” – beklemtoon die belang van die versoening met God (2 Korintiërs 5:20) en die eenheid tussen gelowiges (vgl 2 Korintiërs).

1. Onderstreep die kern gawe van elke persoon in die Drie-eenheid. Wat beteken dit vir jou?

2. Die beskrywings van die Drie-eenheid word aan ‘n opdrag tot dissipelskap en ‘n belofte van God se seën verbind. Hoe raak dié opdrag en belofte jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou aan God se opdrag en belofte te herinner.

4. Jy kan later vanaand albei gedeeltes lees in die konteks van Matteus 28 en 2 Korintiërs 13 met die temas: 1) Jesus staan op uit die dood en gee die Groot Opdrag aan sy dissipels, en 2) Groei in geestelike volwassenheid.

Day 11Day 13

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More