Wie Is God?Sample

Wat is die Drie-eenheid? — Lukas 1:35; Matteus 3:16-17
Gabriël se woorde aan Maria het eggo’s van Psalm 91, die Psalm wat praat van die beskerming van die Allerhoogste in wie se skaduwee ons kan vernag, in wie ons ‘n toevlug het, op wie ons kan vertrou. Hierdie God kom egter nader aan Maria as aan enige mens voor haar. Die Heilige Gees sal oor haar kom, die krag van die Allerhoogste sal haar soos ‘n skaduwee bedek ... en dan sonder om verder uit te brei, word oor die geboorte van Jesus gepraat, die Heilige, die Seun van God. Gabriël sluit sy boodskap af aan Maria deur van Elisabet se wonder-swangerskap te praat, as ‘n getuienis daarvan dat geen ding by God onmoontlik is nie. Geen ding. Niks!
Al vier evangelies praat van die Gees se neerdaling in die vorm van ’n duif wat waarskynlik verwys na die aanvanklike beweging van die Gees van God wat oor die waters gesweef het aan die begin van die skepping (Genesis 1:2) en deur sommige rabbi’s uitgelê is met die beeld van ’n duif (Hagner). Die duif bevestig ook Jesus se goddelikheid. Hiermee word God se herskepping van alles wat bestaan dus beslissend ingelui. Deur Jesus, die Seun van die mens, die Seun van God.
1. Onderstreep die beskrywings van die Drie-eenheid. Wat staan vir jou uit van elke persoon?
2. Die beskrywings van die Drie-eenheid word aan Jesus se geboorte sowel as die begin van sy bediening verbind. Watter boodskap het dit vir Jesus ingehou? En vir jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou aan die misterieuse openbaring van God se wese te herinner.
4. Jy kan later vanaand albei gedeeltes lees in die konteks van Lukas 1 en Matteus 3 met die temas: 1) Twee Godsmanne word vir twee Godsvroue belowe, en 2) Jesus doop met die Heilige Gees en met vuur.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Sing Over Me by Vance K. Jackson

Journey Through the Gospel of Luke

Trail Builders: Riding Together in Discipleship

Marriage God's Way

UNPACK This...Super Bowl LIX

Starting Fresh in Dating: Renewing Communication for the New Year

The Synoptic Gospels

Built to Last: A Strong Family in Church Planting

Seven Signs of Glory
