Wie Is God?Sample

Vraag 2: Wat is die Drie-eenheid?
1. Hoe dink jy oor die Drie-Eenheid? Watter betekenis het dit vir jou?
2. Lees my antwoord en oordink dit.
God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees. Die Vader is die oorsaak en oorsprong van alles. Die Seun is die Woord en Beeld van die Vader. Die Heilige Gees is die ewige Krag en Mag van die Vader en die Seun. Hulle is een in waarheid, mag, goedheid en barmhartigheid.
3. Hoe verryk hierdie beskrywing van God jou gedagtes. Hoe laat dit jou voel?
4. Lees die verhaal van Maria en die engel in Lukas 1:26-38. Wat tref jou?
5. Lees my opsomming van die boodskap en oordink dit.
God het die engel Gabriël gestuur na Maria in Nasaret. Hy het haar van God se genade vertel. Sy sou swanger word en Jesus, die Seun van God, in die wêreld bring. Maria het gewonder hoe dit moontlik kan wees. Die engel het geantwoord dat die Heilige Gees oor haar sou kom. Die krag van die Allerhoogste sou die lewe in haar wek. Niks is immers vir God onmoontlik nie. Maria het ingestem: “Laat met my gebeur wat u gesê het.” Daaruit lei ons af dat God een Wese is in wie drie Persone is, Vader, Seun en Heilige Gees.
6. Wat maak jou opgewonde van die verhaal? Loof die Here vir sy genade en Maria se gehoorsaamheid.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Sing Over Me by Vance K. Jackson

Journey Through the Gospel of Luke

Trail Builders: Riding Together in Discipleship

Marriage God's Way

UNPACK This...Super Bowl LIX

Starting Fresh in Dating: Renewing Communication for the New Year

The Synoptic Gospels

Built to Last: A Strong Family in Church Planting

Seven Signs of Glory
