YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 5 OF 364

Wie is God? – Jeremia 51:18-19

Wie is God? – Jeremia 51:18-19

In Jeremia 50-51 word Babel se verwoesting aangekondig as ’n boodskap van hoop aan die nasies. Die Here maak bekend dat Hy Babel sal straf en dat dit as ’n groot ontnugtering vir Babel sal kom. Die ramp wat hulle gaan tref, sal só erg wees dat niemand weer in Babel sal wil woon nie. Hoekom? Want die Here kom vir die reg van sy volk sowel as die ander nasies s’n op. God sien die verdrukking en ontbering van alle mense raak, en hoor hulle klagtes. Daarom reken Hy met Babel af sodat al die nasies, maar veral sy volk, moed kan skep en op Hom sal vertrou.

Hierdie perspektief help ons om met ander oë te kyk na die oordeel en straf van die Here. Dit is nooit doelloos nie. Hy stel goed reg en bring bevryding. Dit is met dié prentjie van God in gedagte wat ons met oorgawe die Ons Vader kan bid in elke situasie waarin ons verkeer:

1. Onderstreep die beskrywings van God se werklikheid. Watter troos is daarin vir jou?

2. Jy is God se besondere besitting. Vir elke gelowige is Hy die Here, die Almagtige. Hoe laat dit jou voel? Sê dit vir die Here.

3. Lees die verse later vandag weer om jou lojaliteit aan God te bevestig.

4. Jy kan later vanaand die hele gedeelte in Jeremia 50-51 lees met die tema: ’n Boodskap aan Babel.

Day 4Day 6

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More