Wie Is God?Sample

Wie is God? – Jesaja 40:12-14,26-28
In hierdie tweede perikoop van Jesaja 40 word die onvergelyklike wysheid en skeppingsmag van die Here besing 40:12-26. Let op hoe dié gedagtes oor God dan ingespan word om vir Juda te oortuig dat God hulle belange op die hart dra in 40:27-31. Hulle hoef nie meer te kla dat God hulle nie raaksien nie, trouens mag nie meer kla nie, want dié God sien hulle nie net raak nie, maar sal nooit moeg word om vir dié wat op Hom vertrou nuwe krag te gee nie.
1. Onderstreep die beskrywings van God se sorg. Watter troos is daarin vir jou?
2. Die Here sien ons moeilikheid raak. Hy luister na ons saak. Watter moeilikheid wil jy graag hê dat God sal raaksien? Bid dit met verwagting.
3. Lees die verse later vandag weer. Herhaal jou gebed van verwagting en vertroue op God se sorg.
4. Jy kan later vanaand die hele gedeelte in Jesaja 40-41 lees met die tema: Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Sing Over Me by Vance K. Jackson

Journey Through the Gospel of Luke

Trail Builders: Riding Together in Discipleship

Marriage God's Way

UNPACK This...Super Bowl LIX

Starting Fresh in Dating: Renewing Communication for the New Year

The Synoptic Gospels

Built to Last: A Strong Family in Church Planting

Seven Signs of Glory
