Wie Is God?Sample
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Vraag 15: Wat is sonde?
1. Wat is sonde? Hoekom dink jy so? Watter rol speel jou mening daaroor? Ander se mening? God s’n?
2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit.
Sonde is om God se wet te oortree en te lewe in sy wêreld asof Hy nie bestaan nie. Sonde laat almal rebelleer teen God se regverdige wet. Dit veroorsaak die dood en disintegrasie van die hele skepping. Weens die skuld van sonde val almal daarom onder die toorn en straf van God, nou en vir ewig, behalwe dié wat deur ’n Verlosser vrygespreek word.
3. Dit het mode geword om sonde te definieer as iets wat jouself of ander tekort doen, beskadig of seermaak. Net die horisontale dimensie word beklemtoon, sonder om aandag te gee aan die vertikale dimensie, dws hoe God daaroor dink of hoe die Bybel daaroor skrywe. Hoe dink jy daaroor?
4. Lees die verhaal van Kain en Abel in Genesis 4:1-15. Wat tref jou?
5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.
Abel was ’n veeboer en Kain ’n landbouer. Hulle het offers aan die Here gebring. Die Here het Abel en sy offer aanvaar, maar nie dié van Kain nie. Daaroor was Kain baie kwaad en neerslagtig. Die Here waarsku Kain. As hy weier om reg te doen, sal die sonde hom oorweldig. Dit is presies wat gebeur het. Kain het sy broer Abel aangeval en doodgeslaan. Die Here vra toe vir Kain wat hy nou aangevang het. Hy probeer nog maak asof hy van niks weet nie. Die Here weet egter alles. Daarom straf die Here Kain vir sy sonde.
6. Kain se probleem was nie in die eerste plek die offer nie. Sy probleem was dat hy God se waarskuwing nie gehoorsaam het nie. Sy ongehoorsaamheid lei daartoe dat hy sy broer doodslaan. Daarmee oortree hy dus nie net ‘n sosiale wet nie, maar ‘n geestelike wet. Hoe verander dit jou denke daaroor?
Scripture
About this Plan
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans
![3-Day Bible Quest: Level 2: Love Unlocked – Powering Up Through Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55368%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
3-Day Bible Quest: Level 2: Love Unlocked – Powering Up Through Jesus
![Philippians](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54646%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Philippians
![Live Well](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55107%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Live Well
![Reflections of Faith and Justice - a Devotional by Benjamin Mays](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55146%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Reflections of Faith and Justice - a Devotional by Benjamin Mays
![Come Up Higher: A Call to Deeper Fellowship and Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54530%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Come Up Higher: A Call to Deeper Fellowship and Purpose
![GLEANINGS - Numbers](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55032%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
GLEANINGS - Numbers
![All Who Are Weary: God Is Faithful](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54872%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
All Who Are Weary: God Is Faithful
![3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55370%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World
![Play-by-Play: John (3/3)](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55369%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Play-by-Play: John (3/3)
![Building Wealth & Stewardship in the Church](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54598%2F320x180.jpg&w=640&q=75)