Wie Is God?Sample
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat is sonde? – Matteus 13:40-43
Jesus het altyd die gelykenisse vir almal vertel, maar net vir die dissipels uitgelê.Trouens, Hy stuur hier die skares weg, gaan huis toe, en praat dan in die privaatheid van die huis in Kapernaum — waarskynlik Petrus se huis — met sy dissipels wat meer wil weet van die gelykenis van die onkruid in die saailand.
Jesus verduidelik dan vir hulle dat die Een wat die goeie saad saai Hyself is as die Seun van die mens. Die Een wat die koninkryk van God uit sy hand ontvang het (vgl Daniël 7). Die saailand is die bewoonde wêreld. Die goeie saad is — anders as in die gelykenis van die Saaier — die mense van die koninkryk. Die onkruid is die mense wat aan die Bose behoort. Die vyand wat dit gesaai het, is daarom die duiwel. Die oes is die einde van die wêreld. Dié wat oes is die engele.
Hoewel Jesus dit nie eksplisiet sê nie, is dit uit die gelykenis self duidelik dat hierdie mense doodgewoon langs mekaar in die wêreld bestaan. Sommige is God se mense. Die koring wat vrug dra. Sommige is die duiwel se mense. Die onkruid (drabok) wat baie soos die koring lyk, maar uiteindelik giftig sal blyk. Dit is ‘n werklikheid selfs in die kerk.
Die probleem is om hulle van mekaar uit te ken – die koring van die onkruid. Die koring is mense wat ‘n helder Ja vir God se wil leef. Hulle doen wat God sê. Dit is ongelukkig egter nie die geval by dié wat Hom teenstaan nie.Daar is nie altyd ‘n helder Nee by dié wat Hom nie enduit volg nie. Soms lyk dit asof hulle doen wat God sê. En soms weer nie.
Jesus verklaar dan dat dit aan die einde van die wêreld helder en duidelik sal word wie die koring is en wie die onkruid. Die onkruid sal bymekaar gemaak en met vuur verbrand word. Daarmee waarsku Hy dat ‘n mens nie te vinnig hier oor mense moet oordeel nie.
By die oordeel sal die Seun van die mens (Daniël 7) sy engele stuur en die onkruid in die vuuroond van God gooi om verbrand te word. Dit sal ‘n tyd van ‘n gekerm en ‘n gekners van tande wees. Ongekende hartseer en onverdunde verwyt.
Maar in die proses om die eindoordeel te verduidelik, openbaar Jesus ook die kenmerke van die duiwel se mense, die onkruid. Die mense van die duiwel is sag op die sonde en sag op die wet van God. Soos Jesus hier sê, die onkruid is: "almal wat mense laat sondig (skandalon), en dié wat wettelose dade doen (anomia)." Dit is mense wat die oorsaak is dat ander mense sondig en wat self hulle nie aan die riglyne van God vir sy mense steur nie.
Soos in die gelykenis van die Saaier net daarvoor, is dit dié mense wat nie ongekwalifiseerd Já sê vir die evangelie van die koninkryk nie, maar een of ander vorm van Nee. Soms 'n harde Nee, soos die saad wat op die droë grond val. Soms 'n sagte Nee, soos die saad wat op die vlak grond val. Soms 'n dubbelsinnige Ja-nee, soos die saad wat verstrik word deur die onkruid.
Maar ons moet dit goed hoor.Dit lê nie net in die persoonlike sonde wat mense pleeg nie, maar ook in die sonde om ander nie te waarsku as hulle in sonde val nie.Jesus sê dat die onkruid mense is wat ander mense in sonde laat val, hetsy deur verleiding of deurdat ‘n mens doodgewoon niks doen om hulle te waarsku van die sonde nie.
Jesus trek hierdie onderskeid, sodat ons aan die een kant kan seker maak dat ons Hom navolg en in alles na Hom luister, maar aan die ander kant ook met onderskeiding die breër patrone in die geloofsgemeenskappe wêreldwyd kan raaksien en die koring — die kinders van God – van die onkruid – die kinders van die duiwel – kan onderskei.
Teenoor die hartseer en verwyt van die kinders van die duiwel sal die kinders van God, die regverdiges, skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader, ‘n duidelike verwysing na Daniël 12:3. Hulle sal beloon word vir hulle volharding om te waak oor ander se lewens, en self te doen wat God vra.
Jesus sluit af met die bekende: “Hy wat ore het, moet luister,” wat nie net beteken om self gehoorsaam te lewe nie, maar ook met groter insig oor wat in hierdie wêreld aangaan op te tree.
Van die begin af het Jesus dus gewerk met die idee dat daar ‘n onderskeid sal kom tussen dié wat na Hom luister en dié wat nie na hom luister nie. Die boodskap van die koninkryk is immers iets wat almal moet hoor. Hy roep alle mense deur die evangelie, maar net dié wat tot die ewige lewe uitgekies is, reageer in geloof. Daarom vertel Hy vir almal die gelykenis, maar verduidelik dit net vir die dissipels.
Lukas sê later in sy beskrywing van Paulus se boodskap oor die koninkryk aan die heidene in Antiogië in Pisidië: “Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword.” (Handelinge 13:48). Dit is hoe die verkiesing van God werk. Almal moet hoor. Die boodskap is bedoel vir almal. Maar, net dié wat vir die ewige lewe bestem is, word gelowig, omdat God dit in hulle harte bewerk. Dat mense dus nie glo nie, is hulle eie skuld. Dat mense wel glo, is God se werk.
Met hierdie gelykenis help Jesus ons egter ook aan die ander kant om die gemengde werklikheid van gelowiges en ongelowiges wat langs mekaar bestaan, te verstaan. Hy help ons om die inherente konflik tussen die onkruid en die koring in terme van waardestelsels en geloof eenvoudig op ‘n individuele vlak te verduur, totdat geregtigheid uiteindelik seëvier.
1. Wat tref jou in die teks van Jesus se hantering van alles (en almal) wat sonde veroorsaak en ook van dié wat self God se wet oortree, by die voleindig van die wêreld? Hoe verander dit jou denke oor sonde en die wet?
2. Dink na oor die hoopvolle uitnodiging in die teks dat dié wat reg voor God lewe in sy koninkryk sal skitter soos die son. Dink ook na oor die feit dat Jesus God “hulle Vader” noem. Is dit al vir jou ‘n werklikheid?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan Jesus se oordeel en genade.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Matteus 13 met die tema: Jesus ontmagtig die skare en bemagtig die dissipels met gelykenisse.
Scripture
About this Plan
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans
![3-Day Bible Quest: Level 2: Love Unlocked – Powering Up Through Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55368%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
3-Day Bible Quest: Level 2: Love Unlocked – Powering Up Through Jesus
![Philippians](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54646%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Philippians
![Live Well](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55107%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Live Well
![Reflections of Faith and Justice - a Devotional by Benjamin Mays](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55146%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Reflections of Faith and Justice - a Devotional by Benjamin Mays
![Come Up Higher: A Call to Deeper Fellowship and Purpose](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54530%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Come Up Higher: A Call to Deeper Fellowship and Purpose
![GLEANINGS - Numbers](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55032%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
GLEANINGS - Numbers
![All Who Are Weary: God Is Faithful](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54872%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
All Who Are Weary: God Is Faithful
![3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55370%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
3-Day Bible Plan: How to Truly Love Thy Neighbor in Today’s World
![Play-by-Play: John (3/3)](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55369%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Play-by-Play: John (3/3)
![Building Wealth & Stewardship in the Church](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54598%2F320x180.jpg&w=640&q=75)