Wie Is God?Sample
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat is sonde? — 1 Korintiërs 6:9-11
Paulus spreek hier twee etiese kwessies aan: hoe om kleiner onderlinge verskille te hanteer, en hoe om seksueel onberispelik te lewe. Die hoofsaak in die eerste is om onreg te vermy, en in die tweede om onsedelikheid te vermy.
Daarmee gee hy natuurlik ook vir ons die sleutel om die lysie van “onregverdiges” te verstaan, want dit is oor die onreg wat "hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of manlike prostitute of mans wat met mans intiem verkeer, of diewe, geldgieriges, dronkaards, kwaadpraters of rowers" (2020-vertaling), aan ander doen, wat hulle nie deel sal kry aan die koninkryk van God nie.
Hy spreek die Korintiërs aan oor hulle idee van vryheid, dat dit geen perke het nie. Die vryheid in Christus is egter onderhewig aan die beginsel vraag of iets jou verhouding met God en die gemeenskap sal bevorder of belemmer, en of dit jou sal verslaaf of nie.
Hy pas dit dan toe op die seksuele lewe en skiet die idee af dat seks op dieselfde vlak as eet lê. Die Korintiërs het die spreekwoord: “Kos is vir die maag, en die maag vir kos” ook op die liggaam en seks toegepas: “Seks is vir die liggaam, en die liggaam vir seks.”
Die vernaamste rede waarom so ’n seksuele losbandige houding verkeerd is, is omdat gelowiges ’n intieme verhouding met God het, en seksuele onsedelikheid en losbandigheid God deel sou maak daarvan. En dit kan tog nie, sê Paulus.Ons liggame is daar vir die Here. Dit geld alle seksuele verhoudings, wat nie binne die huwelik plaasvind nie, soos hy in die volgende hoofstuk uitspel.
Wat baie duidelik is, is dat Paulus ’n baie hoë sedelike standaard daar stel waaraan gelowiges hulleself moet meet. Omdat God deur sy Gees in ons woon, behoort ons nie aan onsself nie, kan ons nie net maak wat ons wil nie, kan ons nie eers op onreg reageer soos wat die wêreld dit doen nie, maar is ons gebonde aan ’n ander stel reëls wat met omgee en opoffering te make het. En daarvan is en was Jesus die uitnemende voorbeeld. En dit is sy voorbeeld wat ons moet navolg.
1. Daar is mense wat glad nie rekening hou met hierdie helder boodskap nie. Hoe dink jy oor die skerp taal wat hier gebruik word: “geen deel aan die koninkryk van God ...”; “nie een van hierdie mense sal deel kry ...” Is die toegangsvereiste vir die koninkryk so absoluut as wat Paulus dit hier stel?
2.Die evangelie in die gedeelte is dat daar ‘n uitweg in Jesus Christus is. Dié wat hulle sondes laat afwas en hulle aan God toewy, is vrygespreekte mense, maak nie saak hoe sondig of afvallig hulle was nie. Is dit al vir jou ‘n werklikheid?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan om as vrygespreekte mens te leef en al die sondes wat hier genoem word, te vermy.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van 1 Korintiërs 6 met die tema: Vermy onreg en onsedelikheid.
Scripture
About this Plan
![Wie Is God?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F36912%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans
![A People Set Apart | Men's Devotional](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55184%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
A People Set Apart | Men's Devotional
![Holy Marriage Holy Trinity](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55178%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Holy Marriage Holy Trinity
![The Sound of Worship: Lessons From Revelation](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55137%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Sound of Worship: Lessons From Revelation
![Act Like Men](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55231%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Act Like Men
![Shatter the Stigma](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55179%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Shatter the Stigma
![Childrearing With the End in View: A 3-Day Parenting Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55210%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Childrearing With the End in View: A 3-Day Parenting Plan
![Allowing Our Children to Grow and Go: A 3-Day Parenting Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55238%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Allowing Our Children to Grow and Go: A 3-Day Parenting Plan
![Seize the Day: A 3-Day Marriage Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55215%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Seize the Day: A 3-Day Marriage Plan
![Bible Study 3: Philip - Seizing Mentoring Moments](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55232%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Bible Study 3: Philip - Seizing Mentoring Moments
![Bible Study 2: Naomi's Journey - Finding Strength in Mentorship](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55234%2F320x180.jpg&w=640&q=75)