YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 97 OF 364

Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Heidelbergse Kategismus 5-12 en 114-115, die Dordtse Leerreëls 1.1.1 en 3.1.1 sowel as die Westminster Geloofsbelydenis Hoofstuk 9 hieronder. Wat leer jy van waarom God almal aan die wet hou as niemand dit volmaak kan onderhou nie? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Heidelbergse Kategismus 5-12 en 114-115

Vraag 5: Kan jy dit alles ten volle nakom?

Antwoord: Nee (a), want ek is van nature geneig om God en my naaste te haat (b).

(a) Romeine 3:10, 20, 23;1 Johannes 1:8, 10. (b) Romeine 8:7; 2:3; Titus 3:3; Genesis 6:5; 8:21; Jeremia 17:9; Romeine 7:23.

Vraag 6: Het God die mens dan so sondig en verkeerd geskep?

Antwoord: Nee, God het die mens goed (a) en na sy ewebeeld geskep (b). Dit beteken: in ware geregtigheid en heiligheid, sodat hy God sy Skepper reg kon ken, Hom van harte kon liefhê en saam Hom in die ewige saligheid kon lewe om Hom te loof en te prys (c).

a) Genesis 1:31. (b) Genesis I:26, 27. (c) Efesiërs 4:24; Kolossense 3:2 Korintiërs 3:18.

Vraag 7: Waar kom hierdie verdorwe natuur van mens dan vandaan?

Antwoord: Van die val en ongehoorsaamheid van ons eerste ouers, Adam en Eva, in die paradys (a). Daar het ons natuur so verdorwe geraak dat ons almal in sonde ontvang en gebore word (b).

(a) Genesis 3; Romeine 5:12, 18, 19. (b) Psalm 51:7; Genesis 5:3

Vraag 8: Is ons so verdorwe dat ons glad nie in staat is om iets goeds te doen nie en tot alle kwaad geneig is?

Antwoord: Ja (a), behalwe as ons deur die Gees van God weergebore word (b).

(a) Genesis 8:21;6:5; Job 14:4; 15:14, 16, 35; Johannes 3:6; Jesaja 53:6. (b) Johannes 3:3, 5;1 Korintiërs 12:3; 2 Korintiërs 3:5.

Vraag 9: Doen God die mens dan nie onreg aan as Hy in sy wet van hom eis wat hy tog nie kan doen nie?

Antwoord: Nee (a), want God het die mens so geskep dat hy dit kon doen (b). Maar die mens het homself en sy hele nageslag as gevolg van die aanhitsing van die duiwel (c) en deur moedswillige ongehoorsaamheid van hierdie gawes beroof.

(a) Efesiërs 4:24. (b) Genesis 3:13; 1 Timoteus 2:13, 14. (c) Genesis 3:6; Romeine 5:12.

Vraag 10: Wil God hierdie ongehoorsaamheid en afval ongestraf laat bly?

Antwoord: Nee, glad nie; inteendeel, sy toorn is verskriklik (a) sowel oor die erfsonde as oor die sonde wat ons self doen: Hy wil dit in die tyd en in die ewigheid met 'n regverdige oordeel straf (b). Hy het immers gesê: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie (c).

(a) Genesis 2:17; Romeine 5:12. (b) Psalm 50:21; 5:6; Nahum 1:2; Eksodus 20:5; 34:7; Romeine 1:18; Efesiërs 5:6. (c) Deuteronomium 27:26; Galasiërs 3:10.

Vraag 11: Is God dan nie ook barmhartig nie?

Antwoord: God is wel barmhartig (a); maar Hy is ook regverdig (b). Daarom eis sy geregtigheid dat die sonde wat teen die allerhoogste majesteit van God gedoen is; ook met die swaarste straf gestraf moet word — dit is met die ewige straf aan liggaam en siel.

(a) Eksodus 34:6, 7; 20:6. (b) Psalm 7:10; Eksodus 20:5; 23:7; 34:7; Psalm 5:5, 6; Nahum 1:2, 3.

Vraag 12: Aangesien ons volgens die regverdige oordeel van God die tydelike en ewige straf verdien het, hoe kan ons van hierdie straf bevry en weer in genade aangeneem word?

Antwoord: God wil dat daar aan sy geregtigheid voldoen word (a). Daarom moet ons òf deur onsself òf deur 'n ander ten volle betaal (b).

(a) Genesis 2:27; Eksodus 23:7; Esegiël 18:4; Matteus 5:26; 2 Tessalonisense 1:6; Lukas 16:2. (b) Romeine 8:4.

Vraag 114: Maar kan die wat tot God bekeer is, hierdie gebooie volmaak gehoorsaam?

Antwoord: Nee, want selfs die allerheiligstes het, solank hulle in hierdie lewe is, nog maar 'n geringe begin van hierdie gehoorsaamheid (a), maar tog so dat hulle met 'n ernstige voorneme begin om nie alleen volgens sommige nie, maar volgens al die gebooie van God te lewe (b).

(a) 1 Johannes 1:8; Romeine 7:14, 15; Prediker 7:20; 1 Korintiërs 13:9. (b) Romeine 7:22; Psalm 1:2.

Vraag 115: Waarom laat God die Tien Gebooie dan so streng aan ons voorhou as niemand dit tog in hierdie lewe kan onderhou nie?

Antwoord: Ten eerste sodat ons gedurende ons hele lewe ons sondige natuur hoe langer hoe beter kan leer ken (a), en met groter verlange na die vergewing van sondes en na die geregtigheid in Christus kan soek (b). Ten tweede moet ons ons sonder ophou beywer en God om die genade van die Heilige Gees bid, sodat ons altyd meer en meer na die ewebeeld van God vernuwe mag word totdat ons na hierdie lewe die volmaaktheid as doel bereik (c).

(a) Romeine 3:20; 1 Johannes 1:9; Psalm 32:5. (b) Matteus 5:6; Romeine 7:24, 25. (c) 1 Korintiërs 9:24; Filippense 3:12-14.

Dordtse Leerreëls 1.1.1; 3.1.1

Hoofstuk 1: GODDELIKE UITVERKIESING EN VERWERPING

1. Alle mense het in Adam gesondig en hulle skuldig gemaak aan die vloek en die ewige dood. Daarom sou God niemand verontreg het as dit sy wil was om die hele menslike geslag in die sonde en vervloeking te laat bly en vanweë die sonde te veroordeel nie. Daarom leer die apostel: die hele wêreld is voor God doemwaardig (Romeine 3:19). Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Romeine 3:23) en: Die loon van die sonde is die dood (Romeine 6:23).

Hoofstuk 3 en 4: DIE VERDORWENHEID VAN DIE MENS, SY BEKERING TOT GOD EN DIE WYSE WAAROP DIT PLAASVIND

1. Die mens is van die begin af na die beeld van God geskape. Verstandelik was hy toegerus met ware en heilsame kennis van sy Skepper en van geestelike sake. In sy wil en hart was hy met geregtigheid toegerus en sy hele gesindheid was suiwer. Hy was dus volkome heilig. Maar deur die ingewing van die duiwel en uit sy eie vrye wil het hy hom van God losgeskeur en homself van hierdie uitnemende gawes beroof. Daarenteen het hy in die plek daarvan oor homself gebring: blindheid, verskriklike duisternis ydelheid en verdorwenheid van verstandelike oordeel, boosheid, rebellie en hardheid van sy wil en hart, sowel as onsuiwerheid van sy hele gesindheid.

Westminster Geloofsbelydenis 9

Hoofstuk 9 Vrye Wil

1. God het aan die mens 'n wil gegee, wat van nature vry is, dit wil sê, dit is nie gedwing of noodwendig tot goed of kwaad geneig nie.1

1. Matteus 17.12, Jakobus 1.14, Deuteronomium 30.19, Johannes 5.40, 7.17, Openbaring 22.17, Handelinge 7.51, Jakobus 4.7.

2. In sy toestand van onskuld het die mens volkome vryheid en die natuurlike vermoë gehad om te wil en te doen wat vir God goed en welgevallig is. 2 God het ook die mens gemaak sodat hy daardie vryheid kon verloor. 3

2. Prediker 7.29, Genesis 1.26, sien onder figuur 1 hierbo, Kolossense 3.10.

3. Genesis 2.16-17, 3.6.

3. Die mens het deur sy ongehoorsaamheid in 'n toestand van sonde verval en so heeltemal sy vermoë verloor om enige geestelike goed wat redding behels, te wil. 4 Gevolglik is die gevalle mens van nature heeltemal gekant teen geestelike goed, 5 is dood in sonde, 6 en is nie in staat d.m.v. sy eie krag of om homself te bekeer of om homself voor te berei vir bekering. 7

4. Romeine 5.6, 8.7, Johannes 15.5.

5. Romeine 3.9-10, 12, 23, 8.7.

6. Efesiërs 2.1,5, Kolossense 2.13.

7. Johannes 6.44,65, 1 Korintiërs 2.14, Efesiërs 2.2-5, Titus 3.3-5, Romeine 8.8.

4. Wanneer God 'n sondaar bekeer en hom in 'n staat van genade bring, bevry hy hom van sy natuurlike verslawing aan sonde. Deur God se genade alleen word die sondige mens in staat gestel om te wil en te doen wat geestelik goed is. 8 Aangesien die ou sondige natuur egter ook behoue bly, kan die gelowige nie konsekwent of volmaak wil hê om te doen wat goed is, maar ook wat kwaad wil nie. 9

8. Kolossense 1.13, Johannes 8.34,36, Filippense 2.13, Romeine 6.18,22.

9. Galasiërs 5.17, Romeine 7.15,18-19,21-23, 1 Johannes 1.8,10.

5. Die wil van die mens is volkome vry en blywend tot die goeie alleen in die staat van heerlikheid geneig.10

10. Efesiërs 4.13, Hebreërs 12.23, 1 Johannes 3.2, Judas 24, Openbaring 22.3-4, 2 Kronieke 6.36, 1 Johannes 1.8-10, 2.1-6, Psalm 17.15.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor waarom God almal aan die wet hou as niemand dit volmaak kan onderhou nie.

Day 96Day 98

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More