YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 95 OF 364

Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 3:10-20

Uit Paulus se waarskuwing aan sy Joodse gesprekgenoot in hoofstuk 2 — dat die besit of kennis van die wet, en die besnydenis op sigself vir jou niks in die sak bring nie — is dit natuurlik om te vra of daar dan enige nut sou wees daarin om ’n Jood en besnede te wees.

Paulus begin dus om in ’n volgende verbeeldingsgeprek (diatribe) in Romeine 3:1-8 te wys op die voordele van die wet en die besnydenis — God se woorde is aan die Jode toevertrou. Dit is ’n groot voorreg en beteken dat Hy Homself aan hulle verbind het om aan hulle genade te bewys. En Hy sal nie daaraan ontrou word nie, selfs al sou sommige aan Hom ontrou word (in hfst. 9 sal hy verder hieraan aandag gee).

Hy is egter net so duidelik daaroor dat daaruit nie afgelei moet word dat Jode daarom beter is as ander nie in Romeine 3:9-20. Almal het immers gesondig en kan nie deur wetsonderhouding die vryspraak van God kry nie. Die mag van die sonde is vir ons te sterk. Let op dat Paulus die woord sonde in die enkelvoud gebruik — dit gaan nie net oor individuele lysies van sondes nie, maar oor die feit van die sonde, ons “sonde-siekte” soos die Bybel Verklaar dit noem.

Let ook op die kunstige samestelling van aanhalings uit veral die Psalms (vers 10 – Prediker 7:20; vers 11 – Psalm 14:2; 53:3; vers 12a – Psalm 14:3; 53:4; vers 12b – Psalm 14:1,3; 53:2,4; vers 13a – Psalm 5:10; vers 13b – Psalm 140:4; vers 14 – Psalm 10:7; vers 16 – Jesaja 59:7; vers 17a – Jes 59:8; vers 18 – Psalm 36:2; vers 20 – Psalm 143:2) om die totale verderflikheid van een en almal te onderstreep.

1. Is Paulus nie te negatief oor mense nie? Is daar regtig niemand wat goed doen nie? Is daar regtig niemand wat deur wetsgehoorsaming voor God vrygespreek kan word nie? Oorweeg wat hy sê in die lig van die gedeeltes wat hy aanhaal uit die OT: Prediker 7:20, Psalm 14:1-3 en Psalm 53:2-4.

2. Paulus lê klem op ons totale verdorwenheid. Hoekom dink jy is dit nodig dat hy dit só sterk sê?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy volledig afhanklik is van God se genade en vergifnis. Net God kan jou nuut maak.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 3 met die tema: God gee vryspraak sonder onderskeid aan elkeen wat glo.

Day 94Day 96

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More