YouVersion Logo
Search Icon

Die Belangrikheid Van GebedSample

Die Belangrikheid Van Gebed

DAY 43 OF 43

Oordenkingsvrae:

1.      Op watter maniere kan jy, volgens Kolossense 3:12–17, spesifiek bid vir jou naaste verhoudinge (jou huweliksmaat, beste vriend, ouer)?

2.      Op watter drie gebiede word ons geroep om ten volle toegewy te wees om God lief te hê? Raak stil en bid Matteus 22:37 vir jou kind, niggie, nefie, vriend of enige ander kind in jou lewe.

3.      Op watter manier kan jy vandag spesifiek vir 'n sekere vriend bid? Neem tyd uit jou besige skedule om hierdie vriend doelbewus op te lig.

4.      Op grond van Filippense 1:9–11,  hoe kan jy vandag vir jou kerk bid?

5.      Hoe het God onlangs 'n spesifieke gebed verhoor? Prys Hom vandag vir sy antwoord.


Day 42

About this Plan

Die Belangrikheid Van Gebed

As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.

More