YouVersion Logo
Search Icon

Die Belangrikheid Van GebedSample

Die Belangrikheid Van Gebed

DAY 39 OF 43

Bid vir jou Kinders en die Volgende Generasie

Lees: Matteus 22:37; 2 Petrus 3:18 

SOAP: Matteus 22:37

Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand.


Oordenking

Toe die Israeliete die eerste keer die beloofde land betree het, was hulle daartoe verbind om die Here te volg. Die eerste geslag wat ingekom het, het God se wonderwerke gesien en hulle het sy weë gevolg. Maar slegs 'n paar geslagte later was die volk heeltemal van die Here afvallig en het hulle valse gode aanbid. Omdat hulle nie hul kinders, die volgende geslag, van die Here geleer het nie, het die mense afvallig geraak.

Dit is uiters belangrik dat ons dit ‘n prioriteit maak om te bid vir die volgende geslag. Ongeag of ons bid vir ons eie kinders, ons broers- en susterskinders, ons vriende se kinders of die kleingroepie wat ons lei. Ons maak 'n impak op die volgende geslag. Dit is ‘n groot voorreg om hulle aan te kan moedig om saam met God te wandel.

As ons vir ons kinders bid, is die belangrikste ding dat ons sal vra dat hulle God met hulle hele hart, siel en verstand sal liefhê. As ons met God wandel, stel ons 'n voorbeeld vir ons kinders, maar hulle moet ook hul eie persoonlike geloof in Christus aanneem. Ons kan bid vir hulle groei en begrip van die evangelie en dat God hul harte reeds op 'n jong ouderdom sal aanraak.

Selfs as ons kinders of diegene wat ons lei nie met God wandel nie, kan ons steeds vir hulle bid. Gebed is 'n kragtige voorreg. Ons kan met enige versoek voor die genadetroon kom, ongeag hoeveel keer ons dit al voorheen gevra het. God word nooit moeg vir ons gebede nie. Dit maak nie saak wie God op jou hart gelê het om voor te bid nie, weet dat Hy vir hulle meer omgee as wat jy ooit kan dink. Hy verlang daarna om 'n verhouding met hulle te hê, en Hy sal hulle harte altyd najaag, selfs as ons vergeet om hulle in gebed op te dra.


Gebed

Here God, u is die volmaakte Vader. Help my om op U te vertrou vir my kinders en diegene wat ek lei. Ek glo U gee meer om vir hulle as wat ek ooit sal kan verstaan. Beskerm hulle en red hulle. Ek bid dat hulle U al die dae van hul lewe sal volg en U sal liefhê met hulle hele hart, siel en verstand. In die Naam van Jesus, amen.


Scripture

Day 38Day 40

About this Plan

Die Belangrikheid Van Gebed

As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.

More