YouVersion Logo
Search Icon

Die Belangrikheid Van GebedSample

Die Belangrikheid Van Gebed

DAY 38 OF 43

Bid Vir Jou Verhoudings

Lees: Kolossense 3:12–17 

SOAP: Kolossense 3:12–13

Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 


Oordenking

Ons doel hierdie week is om dít wat ons oor gebed geleer het, in werking te stel. Ons verstaan die belangrikheid van gebed en waarom dit ‘n noodsaaklikheid in ons lewens is. Ons het geleer hoe en waarom gebed ‘n prioriteit moet word en hoe om met vrymoedigheid te bid. Ons het gesien hoe God ons gebede genadiglik verhoor as ons na Hom toe kom en ons het geleer hoe en hoekom ons ons moet toewy aan daaglikse gebed. 

Vandag begin ons om te bid vir ons naaste verhoudinge: verhoudinge met ons eggenote, vriende, ouers of broers en susters. Al ons verhoudinge het werk nodig en al ons verhoudinge het gebed nodig. Sonder ‘n nederige houding in hierdie verhoudinge, is ons geneig tot selfsug en onenigheid. Paulus se brief aan die kerk in Kolosse bevat ‘n vermaning aan die kerk oor hoe om in eenheid en liefde op te tree. 

As volgelinge van Christus moet ons eers ‘n hart van meelewing, goedgesindheid, nederigheid, sagmoedigheid en verdraagsaamheid beklee in ons verhouding met mekaar. Ons moet gou wees om te vergewe en gou om vergifnis vra. Ons moet ons eie behoeftes aan vergifnis erken en hoe God ons elkeen genadiglik vergewe het. Paulus herinner die kerk in Kolosse dat vrede die sentrale krag in hul verhoudinge moet wees en om daarna te streef om altyd in eenheid met mekaar te leef. 

Bring vandag tyd deur om vir jou naaste verhoudinge te bid. Vra God om jou te help om gou te vergewe en gou te wees om vergifnis te vra in jou huwelik. Bid vir nederigheid in jou vriendskappe en om jou te bewaar teen ‘n hart wat wil vergelyk. Bid vir eenheid in jou gesin en vir die bereidwilligheid om konflikte gou op te los. Soek die Here vir die beste manier om eenheid en kameraadskap in jou werkplek en jou omgewing te bevorder, terwyl jy die unieke waarde erken wat elke lid van jou werkplek en gemeenskap inhou. Gebruik Paulus se vermaning as ‘n model om hierdie week vir hierdie verhoudinge te bid. 

Gebed

Here God, dankie vir hierdie verhoudinge in my lewe. Beklee my met ‘n hart van meelewing, goedgesindheid, nederigheid, sagmoedigheid en verdraagsaamheid. Help my om in liefde met my (eggenoot, vriend, ouers, suster, broer) om te gaan en help ons albei om vinnig te vergewe. Gee ons vrede in ons verhoudinge en help ons om konflik vinnig op te los. Weerhou ons van ‘n hart van vergelyking en mededinging. Laat u vrede oor ons harte en ons verhouding heers. In die Naam van Jesus, amen.  


Day 37Day 39

About this Plan

Die Belangrikheid Van Gebed

As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.

More