YouVersion Logo
Search Icon

Die Belangrikheid Van GebedSample

Die Belangrikheid Van Gebed

DAY 40 OF 43

Bid vir Jou Vriende 

Lees: Johannes 15:12–13; 1 Petrus 4:8–10 

SOAP: Johannes 15:13 

Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.


Oordenking

In sy laaste ure voor sy inhegtenisname, verhoor en kruisiging, het Jesus tyd saam met sy naaste vriende deurgebring. Hy het doelbewus gekies om hierdie tyd saam met sy twaalf dissipels deur te bring, om 'n intieme maaltyd met hulle te deel. Jesus het vir die laaste keer sy dissipels geleer en met hulle gedeel oor die Heilige Gees wat sou kom, hoe om in Hom te bly en wat om as sy volgelinge te verwag.

Jesus het sy dissipels beveel om in Hom te bly. Om in Jesus te bly beteken om Hom te volg en na aan sy hart te bly. Dit beteken ook om in gehoorsaamheid en geloof te lewe. Jesus het sy lewe vir ons afgelê en een van die maniere waarop ons in Hom bly, is deur mekaar lief te hê op dieselfde manier as wat Hy ons liefhet.

Ons hoef miskien nie ons lewens fisies vir ons vriende af te lê nie, maar ons kan ons lewens in gebed vir hulle aflê. Elke keer as ons die gejaag van ons daaglikse lewe stop, elke keer as ons stilstaan om hul laste met die Here te deel, gee ons ons lewe. Ook so, elke keer as ons voor die genadetroon gaan met 'n versoek. Om ons lewens vir ons vriende af te lê, beteken om hulle eerste te stel, hul laste te deel en vir hulle om te gee as hulle dit nodig het. Dit beteken om saam met hulle deur beproewings te gaan en hulle in moeilike omstandighede te ondersteun. Dit beteken dat ons hulle na God moet terugroep wanneer hulle struikel en hulle aanmoedig om aan te hou om Jesus te volg.

Dra vandag 'n paar van jou naaste vriende op in gebed en laat hulle weet wat jy bid. Bel hulle en bid vir hulle telefonies of ontmoet hulle persoonlik en bid hardop vir hulle. As ons ons lewens vir ons vriende aflê, gee ons die liefde van Christus aan hulle op 'n tasbare manier.


Gebed

Here Jesus, u lewe dien as die perfekte voorbeeld om vir my te wys hoe om my vriende lief te hê. Gee my die wysheid en vrymoedigheid om my vriende lief te hê soos U my liefhet. Ek dra hulle vandag aan U op. Werk in hul lewens en moedig hulle aan. Hou hulle naby U en vervul hul behoeftes. Gee hulle vandag hoop, vreugde en vrede in hul aardse stryd. In die Naam van Jesus, amen.



Scripture

Day 39Day 41

About this Plan

Die Belangrikheid Van Gebed

As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.

More