Die Belangrikheid Van GebedSample
Memoriseervers:
Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.
Filippense 1:9–11
Uitdaging vir die week:
Hierdie week gaan ons ons gebede doelgerig oorsit in aksie! Kies elke dag iemand om voor te bid en laat hulle weet deur vir hulle 'n boodskap te stuur, hulle te skakel of vir hulle 'n kaartjie te stuur.
Scripture
About this Plan
As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.
More