Die Belangrikheid Van GebedSample
Bid vir Jouself
Lees: Psalm 91:1–4; 103:1–5
SOAP: Psalm 103:1–5
Ek wil die Here loof,
met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.
Ek wil die Here loof
en nie een van sy weldade vergeet nie.
Dit is Hy wat al my sonde vergewe,
wat al my siekte genees,
wat my red van die graf
en my met liefde en ontferming kroon,
wat my die goeie in oorvloed laat geniet,
my die jeugdige krag van die arend skenk.
Oordenking
Somtyds is die moeilikste persoon vir wie jy kan bid, jouself. Ons ken ons behoeftes, maar dit kan moeilik wees om God te vertrou as sy antwoord anders is as waarvoor ons gehoop het. Alhoewel dit somtyds makliker kan wees om God se hand in die lewens van ons geliefdes te sien, sien ons dikwels nie sy goedheid in ons eie lewens raak nie.
In hierdie studie het ons baie geleer oor die belangrikheid van gebed. Ons het gesien hoe ons die genadetroon met groot vertroue en vrymoedigheid kan nader, omdat ons weet dat Jesus voor ons uitgaan en altyd vir ons instaan. Wanneer ons ons eie versoeke in gebed bring, kan ons seker wees dat Hy om ons onthalwe intree.
Wanneer ons vir onsself te bid, moet ons dit doen met 'n hart wat onthou. In Psalm 103 het Dawid homself herinner aan God se goedheid. Wanneer ons ons versoeke na God bring, moet ons dit met 'n hart van herinnering en lofprysing doen. Dawid het God se vergifnis, sy genesingskrag, sy redding, sy getroue liefde en die manier onthou hoe Hy hom die goeie in oorvloed laat geniet het.
Wanneer jy vandag vir jouself bid, bid nie net vir die dinge wat jy nodig het nie, maar dat jou hart in God se teenwoordigheid verander sal word. Gebed is nie net die manier hoe ons ons versoeke na die Vader bring nie, maar ook oor hoe ons in ons verhouding met God groei. Nader vandag die genadetroon met vrymoedigheid en loof Hom vir wat Hy gedoen het!
Gebed
Here God, U is my toevlug en my veilige vesting. Ek loof U met my hele siel. Ek sal nie u goeie dade vergeet nie. U is die Een wat al my sondes vergewe en wat my lewe kroon met u getroue liefde en barmhartigheid. Met alles wat in my is, loof ek u heilige Naam.
Scripture
About this Plan
As jy graag nader aan jou Verlosser wil kom deur gebed ‘n prioriteit in jou lewe te maak, dan is Die Belangrikheid van Gebed vir jou. Ons gaan tyd deurbring in God se Woord, antwoorde kry op vrae oor hoe ons moet bid, hoe om gebed ‘n prioriteit te maak en hoe God gebed verhoor. Mag God deur hierdie studie ons oë oopmaak vir die wonder en voorreg van gebed.
More