Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lydingVoorbeeld

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

DAG 5 VAN 39

Week 1: Wie is Groter?

If

By Rudyard Kipling

If you can talk with crowds and keep your virtue,

Or walk with Kings—nor lose the common touch,

If neither foes nor loving friends can hurt you,

If all men count with you, but none too much;

If you can fill the unforgiving minute

With sixty seconds’ worth of distance run,

Yours is the Earth and everything that’s in it,

And—which is more—you’ll be a Man, my son!

Terwyl hulle nog aan tafel sit, het van die dissipels begin stry oor wie van hulle die belangrikste is. "Toe sê Jesus vir hulle: 'Moenie soos baie mense in magsposisies maak nie. Hulle hou daarvan om oor ander baas te speel. Hulle wil gedurig met groot respek behandel word omdat hulle so belangrik is. Maar julle moenie soos hulle wees nie. As julle regtig belangrik wil wees, moet julle die minste wees. Dié van julle wat die meeste respek verdien, moet van nou af die heel geringste wees. Behandel ander mense met groot respek, maak nie saak wie hulle is nie. Elkeen van julle wat ’n baie belangrike posisie wil beklee, moet nou dadelik julle moue oprol en begin om ander gelowiges te dien'"

“Sê My, wie is die belangrikste persoon by ’n feesmaal, die eregaste of die kelners wat hulle bedien? Ja, natuurlik: die eregaste. Maar kyk net wat Ek kom doen het. Ek wat die heel belangrikste van almal is, het my koningsklere uitgetrek. Ek dien julle almal. Ek het die belangrikste plekke aan julle afgestaan. Julle wat my volgelinge is, is so kosbaar vir My. Julle was bereid om deur dik en dun by My te staan”

- Lukas 22:24-28 (DB).

'n Mens se laaste woorde is baie belangrik. Dit is die woorde wat ons hier by Jesus kry. Dit is die laaste paar dae van sy lewe. Hy weet wat vir Hom voorlê, en dit is miskien ook hoekom Johannes so 'n groot deel van sy evangelie (die grootste deel) aan hierdie laaste onderrig van Jesus afstaan. Hy leer sy dissipels uit dit wat met hulle gebeur en gee dan vir hulle ‘n ander manier om te kyk na dit wat besig is om te gebeur. Dit lyk asof die strop nou besig is om styf om hulle nekke te trek – hulle word vervolg, hulle wonder wat nou van hulle gaan word. Jesus is op die punt om gevange geneem te word, ‘n verhoor lê voor en heel moontlik die doodstraf. Alles onregverdig. Jesus sien dit alles in die lig van die wil van sy Vader. Hy sien nie net dit wat sigbaar gebeur nie. Hy vind die Vader se werk en sy teenwoordigheid in alles wat met Hom gebeur. Dit is nog steeds moeilik, maar sy ervaring van dit wat gebeur is nou heeltemal anders. Hy nooi sy dissipels uit om net soos Hy te kyk na dit wat gebeur.

Dit verander alles in jou lewe wanneer jy dit wat gebeur in die konteks van ‘n groter plan van God se wil kan sien en kan besef dat God daar teenwoordig is. Daarom sê Hy, "kyk na My". Dit is ons reis hierdie week om net na Hom te kyk. Hy sê vir hulle die pad ondertoe is eintlik die pad boontoe. Ons kry ‘n heel ander boodskap van die samelewing en die wêreld waarin ons leef. Vir ons is die klim van die leer van sukses die pad boontoe. Dit lei daartoe dat daar baie onmin plaasvind, soos wat nou tussen die dissipels kop uitsteek. Dit is ‘n lewe van spanning. Dit is nie maklik nie. Hy nooi hulle uit: “Kom saam met My, lewe soos Ek”. Dit is ‘n lewe van vryheid, vrede en blydskap.

Gebed: Ek vra om genade vir ‘n diepe insig en oortuiging dat ek van die eiesinnigheid in my lewe ontneem word.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Wat beteken ‘n lydingservaring vir jou? Hoe sou jy dit in ‘n paar woorde beskryf? Vir Jesus was dit ‘n reis van lyding en sterfte op pad na opstanding. Vir ons as gelowiges is lyding ‘n reis om Hom te ken en die krag van sy opstanding te ondervind deur te deel in sy lyding, en só aan Hom gelyk te word in sy dood. Tydens hierdie reis deur Lydenstyd, bring ons 40 dae deur met die vrae wat Jesus in die laaste dae van sy lewe gevra het.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: mosaiek.com