Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lydingVoorbeeld

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

DAG 4 VAN 39

Kies een van die dae van die week en dink na oor jou ervarings op hierdie dag. Jy kan ook terugdink aan jou hele week en stilstaan by die oomblikke waar jy dinge beleef het wat vir jou uitstaan en wat jou bybly. Dalk wil jy ook weer gaan kyk na sommige inskrywings in jou joernaal. Praat met die Here daaroor.

Gebed: Jesus, ek bid om genade vir 'n diepe bewussyn van u teenwoordigheid in my lewe.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Wat beteken ‘n lydingservaring vir jou? Hoe sou jy dit in ‘n paar woorde beskryf? Vir Jesus was dit ‘n reis van lyding en sterfte op pad na opstanding. Vir ons as gelowiges is lyding ‘n reis om Hom te ken en die krag van sy opstanding te ondervind deur te deel in sy lyding, en só aan Hom gelyk te word in sy dood. Tydens hierdie reis deur Lydenstyd, bring ons 40 dae deur met die vrae wat Jesus in die laaste dae van sy lewe gevra het.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: mosaiek.com