Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lydingVoorbeeld

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

DAG 9 VAN 39

“Sê My, wie is die belangrikste persoon by ’n feesmaal, die eregaste of die kelners wat hulle bedien? Ja, natuurlik: die eregaste. Maar kyk net wat Ek kom doen het. Ek wat die heel belangrikste van almal is, het my koningsklere uitgetrek. Ek dien julle almal. Ek het die belangrikste plekke aan julle afgestaan. Julle wat my volgelinge is, is so kosbaar vir My. Julle was bereid om deur dik en dun by My te staan”

- Lukas 22:27-28 (DB)

Net soos die dissipels, kan ons ook hoogmoedig wees en ons eie-ek vertroetel (hulle stry onder mekaar wie die grootste is) met baie goeie motiewe (hulle wil mag hê om die werk van Jesus voort te sit).

Een van die gelykenisse van Jesus het gegaan oor twee mense wat gaan bid het (Lukas 18). Die een het na die ander gekyk en was dankbaar dat hy nie soos ander was wat steel, rondslaap of net lewe om geld te maak nie. As jy dit hoor en dadelik voel dat jy nie soos hy is nie … is jy net soos hy wat voel hy is nie soos ander nie! Jesus sê dié persoon is hoogmoedig. Dit is nie iets kleins nie. Dit is die een ding wat God weerstaan (Jakobus 4:6). Dit is die een ding wat die duiwel, die duiwel gemaak het. Dit is een ding om die eie-ek en hoogmoed te herken, maar dit is ook belangrik om dit te herken as die groot vernietigende mag: ons vyand.

Refleksie: Ek vra die Heilige Gees om my te wys waar ek my geestelike reis as motief vir erkenning deur ander mense gebruik het.

Gebed: Ek vra om genade vir ‘n dieper insig en oortuiging dat my eie-ek my nie van die lewe moet ontneem nie.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Wat beteken ‘n lydingservaring vir jou? Hoe sou jy dit in ‘n paar woorde beskryf? Vir Jesus was dit ‘n reis van lyding en sterfte op pad na opstanding. Vir ons as gelowiges is lyding ‘n reis om Hom te ken en die krag van sy opstanding te ondervind deur te deel in sy lyding, en só aan Hom gelyk te word in sy dood. Tydens hierdie reis deur Lydenstyd, bring ons 40 dae deur met die vrae wat Jesus in die laaste dae van sy lewe gevra het.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: mosaiek.com