Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lydingVoorbeeld

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

DAG 14 VAN 39

"MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie"

- Galasiërs 5:16-17 (AFR53)

Dit is moeilik om te verstaan ​​hoe Judas 'n keuse kon maak om Jesus te verraai. Judas het Jesus se roeping eerstehands aanskou en beleef. Hy was Jesus se finansiële bestuurder. Die Here se ewige plan het voor die oë van Judas en die ander dissipels gebeur. Hoe kon dit dus gebeur?

In ons menswees is daar ‘n komplekse wisselwerking tussen ons vlees en die Gees. Paulus maak ook melding hiervan wanneer hy praat van die vrug van die Gees teenoor die vrug van ons sondige natuur. Ons sondige natuur word sigbaar in ons ongeordende gehegtheid aan dinge of neigings tot optrede. Dit is daardie dinge waarop ons dalk ‘n bietjie te vinnig staatmaak, of te styf aan vasklou.

Judas se optrede kan ons aanmoedig om na te dink oor die komplekse wisselwerking van emosionele, geestelike, rasionele en logiese invloede in ons eie lewens wat ons op 'n destruktiewe pad kan lei. Hierdie bewustheid kan ons help om beter besluite te neem en selfs in moeilike tye aan ons waardes en oortuigings getrou te bly.

Paulus moedig ons aan om die vryheid wat die Gees bring dieper te ervaar deur ons gehegtheid aan sekere dinge te laat vaar. My fokus is nie om perfek te wees nie, maar om in volharding vir God toe te laat om my te verander en my te bevry van my ongeordende gehegtheid aan dinge deur die vrug van sy Gees.

Refleksie: Ek ondersoek in myself waaraan ek so geheg is dat my hart my weerhou van oorgawe aan die werk van Here in my en deur my.

Gebed: Ek vra om genade om van my tekortkominge bewus te raak en u vergifnis daarvoor te ontvang.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Wat beteken ‘n lydingservaring vir jou? Hoe sou jy dit in ‘n paar woorde beskryf? Vir Jesus was dit ‘n reis van lyding en sterfte op pad na opstanding. Vir ons as gelowiges is lyding ‘n reis om Hom te ken en die krag van sy opstanding te ondervind deur te deel in sy lyding, en só aan Hom gelyk te word in sy dood. Tydens hierdie reis deur Lydenstyd, bring ons 40 dae deur met die vrae wat Jesus in die laaste dae van sy lewe gevra het.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: mosaiek.com