BibleProject | Hemel en aarde op die BergVoorbeeld

BibleProject | Hemel en aarde op die Berg

DAG 9 VAN 9

Die Grootste Hemel-en-aarde-oorvleueling

Vandag sal ons sien hoe Nuwe-Testament skrywers vorige berg tonele herroep om te beskryf hoe mense die hemel na die aarde bring.

Terwyl jy Hebreërs 12 lees, let op hoe die skrywer die aardse Berg Sinai kontrasteer met die hemelse Berg Sion. Sewe beskrywings van Berg Sinai in verse 18-19 beklemtoon hoe skrikwekkend God se voorkoms eens vir die Israeliete was. Selfs Moses was oorspronklik bang vir die bedreiging wat God se teenwoordigheid vir die volk ingehou het toe hulle van sy wysheid af weggedraai het (vergelyk Heb. 12:21 met Deut. 9:19).

Dan, in verse 22-24, lees ons sewe-plus-een beskrywings van die hemelse Berg Sion wat beter is as Berg Sinai. Net soos Moses bloed op die Israelieteby Berg Sinia gesprinkel het om hul verbond met God te formaliseer (Eks 24:8) so is Jesus se bloed op sy volgelinge gesprinkel as 'n teken van 'n nuwe verbond (sien Luk. 22:20).

Mense wat in hierdie nuwe ooreenkoms met God gaan om Hom en hul naaste lief te hê, word deel van die ware Israel— God se “eersgeborene” (sien Eks. 4:22). Hulle is as burgers van die Hemel geregistreer (Heb. 12:23).

Wanneer ons kies om God te vertrou en volgens sy opdragte te leef, is ons nie bang om tot Hom te nader nie. En ons kan uitsien na die dag wanneer God alles gaan regmaak en hierdie hemelse berg na die aarde gaan bring sodat Sy hemelse ryk en ons menslike ryk, een word.

Terwyl ons wag op die vervulling van God se belofte om die Hemel en aarde te herenig — om alle sondes en onreg uit te wis - spoor Hebreërs ons aan om God getrou te dien deur sy weë te volg. Soos ons dit doen, word ons soos plekke waar die Hemel en aarde ontmoet, soos Bybelse berge.


Vrae vir nadenke:
Hoe kontrasteer Hebreërs 12:18-29 Berg Sinai en die hemelse Berg Sion? Hoe moedig hierdie verse ons aan om nou te leef terwyl ons wag dat God die hemel af aarde toe bring?

Volgens die video, waaroor gaan die hele verhaal van die Bybel eintlik?

Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

BibleProject | Hemel en aarde op die Berg

Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.

More

Ons wil graag BibleProject bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleproject.com/Afrikaans/