BibleProject | Hemel en aarde op die BergVoorbeeld

BibleProject | Hemel en aarde op die Berg

DAG 6 VAN 9

Terugkeer na die Bergtuin-manier

Vandag sal ons twee van Jesaja se bekende profesieë oor Sion vanuit die Bybelse bergsperspektief wat ons tot dusver ontwikkel het, ondersoek.

In die toekoms, sê Jesaja, sal die tempel op Berg Sion (in Jerusalem) die belangrikste plek word waar die Hemel en aarde ontmoet— ’n sentrale spilpunt om morele leiding aan die hele wêreld te verskaf. Moenie God se eerste belofte aan Abraham vergeet nie. Sy familie sal uiteindelik al die “families” (of nasies) op aarde seën (Gen. 12:2- 3). Jesaja se gedig skep 'n beeld van hoe dit uiteindelik gebeur en daar is meer. Soos die “rivier” (Hebreeus nahar) wat uit Eden gevloei het (Gen. 2:10), sal die nasies nou “stroom” (nahar) na Sion om te leer oor God se weë (Jes. 2:2-3). Dit is 'n poëtiese beeld van God se uiteindelike plan wat tot uitvoering kom. Die seëning wat die mensdom oorspronklik in Eden geniet het, sal weer aan alle mense beskikbaar wees.

En let op hoe die manier waarop ons Jesaja 65:17-25 lees nou soveel dieper betekenis kry met God wat sê dat Hy gereed is om 'n nuwe Hemel en 'n nuwe aarde te skep. Aan die einde sê Hy dat al die dood en boosheid uiteindelik van sy “hele heilige berg” verwyder sal word (vers 25). Terwyl Hy sekerlik praat oor Jerusalem en Berg Sion, lyk dit ook asof Hy daardie visie wêreldwyd uitbrei— die hele skepping sal uit chaos en duisternis opgehef word.

Dit lyk of Jesaja die Bybelse bergtema gebruik om Eden se goeie lewe poëties voor te stel wat Jerusalem, sy inwoners en die hele wêreld vernuwe. In hierdie nuwe Eden sal hartseer verander in vreugde, mense sal die vrug van hulle arbeid geniet (teenoor Gen. 3:17-19), en selfs roofdier en prooi sal in vrede lewe. God se bergpiek tuin sal herstel word.

Vrae vir nadenke:
Hoe sal die herstelde Sion soos 'n nuwe Eden wees? Wat openbaar dit oor God se sorg vir alle mense?

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

BibleProject | Hemel en aarde op die Berg

Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.

More

Ons wil graag BibleProject bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleproject.com/Afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid