BibleProject | Hemel en Aarde op die BergVoorbeeld

God se Bergpiek “Huis”
Vandag betree ons Israel se storie op 'n tyd wanneer 'n nuwe berg sy verskyning maak - Berg Sion.
Dekades na hul ontmoeting met God by Berg Sinai, kom die Israeliete by Kanaän aan. God het beloof om hulle na hierdie Eden-agtige plek te bring, waar hulle hul doel kon vervul om 'n seën vir die hele wêreld te wees deur God se opdrag te volg (Gen. 12:2-3).
In die heilige stad van Jerusalem bou Koning Salomo uiteindelik 'n permanente tempel vir God op Berg Sion om die draagbare tabernakel te vervang (1 Kon. 8). Berg Sion is 'n ander naam vir Berg Moria, waar God Abraham geroep het om Isak te offer (2 Kron. 3:1; sien Dag 2 van hierdie plan).
Die Israeliete kan Berg Sion bestyg om God te aanbid; die tempel is God se “huis” by wyse van spreke. En soos op vorige bergpieke, verenig die Hemel en Aarde in hierdie tempel.
Deurdat God in die tempel woon, seën en beskerm Hy die mense. Psalm 48 skep 'n beeld van hoe dodelike vyande bang raak en vlug wanneer hulle die Goddelike prag van Jerusalem aanskou. Om na die prag van die stad te kyk en sy bergpiek tempel te sien is, in 'n sin, om God te sien.(Ps. 48:12–14).
Die Israeliete kan egter nie God se beskerming ontvang as hulle God wantrou en net doen wat reg is in hul eie oë nie (sien Jer. 7). Om God se seën te geniet en om dit met ander te kan deel, moet hulle in sy wysheid vertrou en sy onderrig volg.
Vrae vir nadenke:
Hoe weerspieël Berg Sion God se glorie?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.
More
Ons wil graag BibleProject bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleproject.com/Afrikaans/
Verwante Leesplanne

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Staan weer op

Delf dieper deur Romeine

Voltydse Volharding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
