BibleProject | Hemel en Aarde op die BergVoorbeeld

Vuur op die Berg
Vandag sal ons 'n bergtoneel in die profeet Elia se verhaal verken.
Gedurende Koning Agab se regering verwerp baie Israeliete God en aanbid hulle eerder ´n Kanaänitiese god genaamd Baäl. Elia daag 450 profete van Baäl uit na 'n bergpiek-kompetisie om te sien of Baäl werklik is of nie.
Op Berg Karmel, berei Elia en die ander profete twee aparte offers voor en hulle bid om te sien watter god dit aan die brand kan steek. Baäl is 'n storm god, so om die offer met weerlig aan die brand te steek behoort nie 'n probleem te wees nie, maar gebede aan Baäl het niks bereik nie. Maar wanneer Elia aan God bid, kom vuur dadelik uit die lug afgereën om die hele offer (en altaar) te verbrand tot as!
Na daardie kragmeting dreig koningin Isebel om Elia te vermoor. Uit vrees vlug hy in die wildernis in eerder as om op God se beskerming te vertrou en kom uiteindelik by Berg Horeb aan— dit is, Berg Sinai (sien Dag 3 van hierdie plan). Eeue vroeër, op hierdie selfde berg, het God aan Moses en die Israeliete verskyn in donderslae, vuur en aardbewings, wat die intensiteit van sy heerlikheid vertoon het. Nou verskyn God weer aan 'n profeet op Berg Sinai om Homself te openbaar.
Maar hierdie keer is dit 'n sagte geluid wat God se teenwoordigheid weerspieël en ons uitnooi om iets nuut oor God se selfopenbaring te leer. In Elia se wanhoop ontmoet God hom deur 'n sagte fluistering, wat hom roep om te hoop en te vertrou in God se wysheid vir die toekoms.
Vrae vir nadenke:
Watter ooreenkomste en verskille sien jy tussen Elia se ervaring op Berg Karmel (1 Kon. 18:20-40) en op Berg Horeb (1 Kon. 19:1-3, 8-12)?
Wat leer jy omtrent God deur die manier waarop Hy op Elia se wanhoop reageer?
Aangaande hierdie leesplan

Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.
More
Ons wil graag BibleProject bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleproject.com/Afrikaans/
Verwante Leesplanne

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Staan weer op

Delf dieper deur Romeine

Voltydse Volharding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
