BibleProject | Hemel en Aarde op die BergVoorbeeld
Jesus Skyn Soos die Son en Doen die Onverwagse
Vandag kyk ons na die vyfde van Matteus se sewe bergtonele wat Jesus insluit.
Op 'n “hoë berg” sê Matteus sien drie van Jesus se naaste vriende hom skyn soos die son, en op een of ander manier daag Moses en Elia (wie toe al eeue dood is) ook op (Mat. 17:1-3).
In die vorige toneel kom hierdie selfde vriende tot die gevolgtrekkingdat Jesus werklik die Christus, of Messias is—dit wil sê, die langverwagte koning uit die nageslag van Dawid. Maar Jesus sê ook dat Hy sal ly en sterf onder slegte heersers, en dit verwar hulle. Hulle verwag 'n Messias wat vyande sal doodmaak eerder as om self deur hulle doodgemaak te word. Omdat Hy weet dat hulle meer bewyse nodig het, lei Jesus hulle na 'n berg.
Daar sluit Moses en Elia wonderbaarlik by Jesus aan terwyl hy begin skyn. Toe Petrus sien hoe Jesus met stralende lig verheerlik is, besef hy dat Jesus werklik God se verkose Messias en 'n profeet groter as Moses en Elia is.
Soos ons gesien het, is berge plekke van toetsing, waar leiers bevestig word (of nie). Terwyl Moses Berg Sinai klim om God se opdrag te ontvang, skep die Israeliete 'n goue kalf afgod wat wys dat hulle Moses se leierskap verwerp. Later wanneer Moses van die berg af afklim, gloei sy gesig en dit bevestig hom as God se gekose leier (Eks. 34:29-35). Net so word Elia se leierskap bevraagteken tot sy kragmeting op Berg Karmel (sien Dag 5 van hierdie plan), waar God se vuur vanuit die Hemel bewys dat Elia sy gekose profeet is.
Jesus se verheerliking op 'n berg bewys dat Hy die grootste profeet is, groter as Moses en Elia (Deut. 18:15-18). En soos die verhaal ontvou leer ons dat Hy regtig God self, in die vlees is.
Vrae vir nadenke:
Wat is die ooreenkoms tussen Jesus se verheerliking op 'n berg en Moses op Berg Sinai? Wat openbaar dit oor Jesus se identiteit?
Baie mense het in Jesus se tyd verwag dat God 'n redder sou stuur wat alle vyande sou vernietig, maar Jesus doen iets heeltemal anders. Wanneer jy die Messias video kyk, watter ooreenkomste of verskille merk jy tussen wat mense in daardie tyd gehoop het God doen teenoor wat mense vandag van God verwag om te doen?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.
More
Ons wil graag BibleProject bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleproject.com/Afrikaans/