BibleProject | Hemel en aarde op die BergVoorbeeld
Was Eden op 'n Berg?
Welkom by die eerste dag van Die Berg leesplan. Berge is so betekenisvol vir Bybel outeurs dat 'n sterk literêre berg tema vanuit Genesis tot by Openbaring ontwikkel word. In die Bybel is berge nie net geografiese liggings nie, maar plekke waar God ontmoet word, waar die Hemel en aarde mekaar ontmoet. Elke dag sal ons hierdie tema verken en sodoende dieper betekenisse ontdek van sleutelgebeure wat op berge plaasvind.
Kom ons begin in Genesis met die aarde se eerste tuin. Raai waar plant God dit?
Terwyl die Eden storie glad nie van berge praat nie, leer ons van Esegiël dat hierdie eerste “tuin van God” op die “berg van God” te vinde is. (Eseg. 28:13-14). Eden is 'n welige boord, wat God plant sodat die mensdom kan floreer en in sy teenwoordigheid kan lewe (Gen. 2:8-9, 3:8). Hier is die goddelike en menslike ryk een, en 'n rivier van lewe vloei daaruit om lewe in die omliggende areas te bring (2:10).
Na God hierdie bergboord met vrugte vul, stel Hy die mensdom voor 'n toets deur hul te beveel om van een enkele boom af weg te bly— die boom van die kennis van goed en kwaad. Om te kan aanbly in die tuin, moet hulle kies om in sy wysheid te vertrou.
Maar die mense vertrou God nie en verontagsaam sy opdrag (3:1-6). Deur te kies om te doen wat in hul eie oë reg is, bring hul korrupsie na die wêreld om hulle (3:7-19). So God verwyder hulle uit die bergtuin (3:24).
Sedertdien werk God om die mensdom terug te bring na daardie bergpiek waar hulle weer in sy teenwoordigheid sal bly en ware lewe sal vind.
Vrae vir nadenke:
Die eerste mense staar 'n beduidende keuse in die gesig. Hulle kan God se wysheid vertrou, wat lewe bring, of hulle kan hul eie wysheid vertrou wat die dood bring. In watter areas kom ons 'n soortgelyke besluit tegemoed, waar ons moet besluit om God se instruksies te volg, of om te doen wat in ons eie oë reg is?
Wat leer jy uit Genesis 2:4-17 oor God se oorspronklike doel vir die mens se lewe?
Aangaande hierdie leesplan
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.
More
Ons wil graag BibleProject bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleproject.com/Afrikaans/