BibleProject | Hemel en Aarde op die BergVoorbeeld

Goddelike Leiding Vanaf 'n Bergpiek
Vandag sal ons een van die Bybel se bekendste berge bestyg, waar ons 'n misterieuse brand teëkom, asook 'n goddelike opdrag en God self ontmoet.
Abraham se afstammelinge, die Israeliete, word in Egipte tot slawe gemaak en pleit vir redding. God hoor hulle hulpkrete (Eks. 2:23-25) en maak kontak met 'n Israeliet genaamd Moses op Berg Horeb deur 'n misterieuse vuur in 'n brandende bos "Keer terug na Egipte" sê God aan Moses, en met God se hulp, bevry Moses vir Israel. God lei die Israeliete terug na Horeb, wat nou Berg Sinai genoem word, waar Hy 'n verbond (of 'n ooreenkoms) met hulle sluit. As hulle volgens God se instruksies lewe sal Hy hulle en die hele wêreld deur hulle seën (sien Gen. 12:2-3). Hierdie is 'n groot oomblik in die Bybel— soos Hemel en Aarde wat op 'n bergpiek ontmoet en mense nooi na 'n nuwe manier van vryheid en lewe.
Op die bergpiek gee God tien gebooie en ander wette wat die Israeliete wys hoe om sy liefdevolle en vredemakende maniere te weerspieël (Eks. 20-24).
Maar hoekom? Wat is die punt?
Die storie stel voor dat God 'n diep begeerte het om by sy mense te wees, maar dat hulle moet leer hoe om Hom te vertrou en sy opdragte te volg. En God verduidelik ook hoe om die tabernakel (Eks. 25- 31) te bou, 'n draagbare tent waarin Hy sal bly. Israel het nou vir God by hulle waar hul ook al gaan (40:34-38). Dis soos 'n draagbare bergpiek ervaring.
Maar selfs met die tabernakel het die mense baie om te leer op die reis terug na 'n wêreld waar Hemel en aarde een is.
Vrae vir nadenke:
Hoe is die Israeliete se ontmoetings met God by Berg Sinai en by die tabernakel dieselfde as die mense se ervaring van God in Eden? Hoe verskil hulle?
Aangaande hierdie leesplan

Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.
More
Ons wil graag BibleProject bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleproject.com/Afrikaans/
Verwante Leesplanne

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Staan weer op

Delf dieper deur Romeine

Voltydse Volharding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
