Die Onpopulêre JesusVoorbeeld
Hoe oorkom ek die gevoelens om aanstoot te neem oor wat God aan my doen en in my lewe toelaat? Is Hy bewus van my? Weet Hy waar ek woon en weet Hy wat my situasie is?
Jy sal by die kruis moet begin waar jy twee dinge sal kan sien: Eerstens sal jy baie mooi moet dink oor die onbeskryflike geweld wat aan die kruis gebeur het en die prys wat Jesus betaal het om jou met God ons Vader te versoen. "Niemand het groter liefde as dit nie, dat Hy sy lewe vir sy vriende aflê nie" – en dit is wat Jesus vir ons gedoen het (Johannes 15:13). Die tweede ding wat jy in ag moet neem, is die skrikwekkende boosheid van jou sondes. Dink aan die omvang van die prys wat betaal moes word om jou vry te maak van jou sondes. Onthou dit terwyl jy daaraan dink oor hoe God sy liefde aan ons bewys het: "Terwyl ons nog sondaars was, het Christus vir ons gesterf" (Romeine 5:8).
Dit is met inbegrepe van hierdie twee feite dat ons kan weet dat as Jesus so 'n prys vir ons betaal het, Hy niks sal doen om ons seer te maak, ons skade aan te doen, ons te verwaarloos of van ons te vergeet nie nie.
Na die mate waarop jy Jesus en die diepte van sy toewyding aan jou kan sien, sal jy ophou om aanstoot te neem oor hoe die Vader jou behandel. Jy kan ophou om plek te maak vir enige wantroue.
Dit is van die uiterste belang om Jesus te bestudeer, Jesus te sien, nader aan Hom te kom en te luister na sy hartklop en die dinge waaroor Hy sug. In die mate waarin ons groei in intimiteit met Jesus, sy hart verstaan en sien, sal ons onsself oorgee aan die manier waarop Hy ons behandel. Sodra jy jou lewe aktief meer en meer aan Jesus begin oorgee, sal jy die dieptes van sy wysheid, liefde en sorg vir jou begin ontdek – ten spyte van die dinge wat jy nie verstaan nie.
Geestelike vryheid, vreugde en oorwinning kom wanneer net Jesus oorbly en Hy vir ons genoeg is.
Aangaande hierdie leesplan
Mense hou van Jesus wanneer dit goed gaan, hulle gebede beantwoord word en dit goed gaan. Wanneer daar egter swaar tye kom, nie al hulle vrae beantwoord word nie en daar vervolging is, is Jesus nie so populêr nie. By die wêreld is Hy populêr totdat "volg My en onderwerp jou aan My" in gedrang kom, dan is Hy nie meer populêr nie.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com