Die Onpopulêre JesusVoorbeeld
Wanneer ek bid en daar vir jare geen antwoord kom nie, wanneer ek oor die hoof gesien word met bevorderings, ek my finansies versigtig bestuur en ons nie punte bymekaar kan bring nie, my kinders nie so goed vaar nie, tweede en derde plekke kry of nie die eerste span haal nie, mense my nie erkenning gee vir my harde werk nie en my as mens respekteer nie, word Jesus maklik ongewild.
Jesus is gewild wanneer ek 'n goeie werk, 'n mooi huis en besittings het. Jesus is gewild wanneer ek raad gee aan mense in die sakewêreld, en dit werk, en wanneer my status en aansien groei. Jesus is gewild wanneer ek genoeg het om weg te gee, niemand vir enigiets hoef te vra nie en niemand iets skuld nie.
Jesus word egter ongewild wanneer ek werkloos is, armoede by die agterdeur ingekom het, ek my motor en meubels moet verkoop om te oorleef, wanneer my kind sterf en wanneer my gebede vir verligting nie tot my bevrediging verhoor word nie. Jesus word veral ongewild wanneer ek my trots moet sluk en iemand anders moet vra: "Help my asseblief, wees genadig."
Ons gee gewillig op Sondae wanneer ons kerk toe gaan, maar wanneer Jesus vra vir 'n tiende of ‘n spesifieke bedrag wat meer is as wat ek gewillig is om te gee, sodat armes en behoeftiges gehelp kan word, is Hy nie gewild nie. Eendag het 'n ryk jong man na Jesus toe gehardloop, voor Hom neergeval en gevra: "Wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?" Jesus het alles verduidelik en tot by 'n sekere punt was die ryk jong man tevrede. Maar toe Jesus bygevoeg het: "Gaan verkoop alles wat jy het, gee dit vir die armes en kom hierheen en volg My," het hy omgedraai en bedroef weggegaan. Tot by ‘n Jesus gewild, maar daarna was die koste te hoog. Op daardie stadium was al wat oorgebly het Jesus en om Hom te volg – en vir hierdie ryk jong man was Jesus alleen nie genoeg nie.
Ons begin ons vergaderinge met gebed, maar wanneer ons probleme moet oplos, word ons aangemoedig om "prakties en realisties" te wees en nie die moeite te doen om die Bybel te raadpleeg nie. Dan, skielik, skei ons die Bybel van die praktyk en word ons Christene wat ons lewens in kompartemente opdeel en self besluit waar Jesus beheer mag uitoefen en waar nie.
Geestelike vryheid, vreugde en oorwinning kom wanneer net Jesus oorbly, en Hy is genoeg vir ons.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Mense hou van Jesus wanneer dit goed gaan, hulle gebede beantwoord word en dit goed gaan. Wanneer daar egter swaar tye kom, nie al hulle vrae beantwoord word nie en daar vervolging is, is Jesus nie so populêr nie. By die wêreld is Hy populêr totdat "volg My en onderwerp jou aan My" in gedrang kom, dan is Hy nie meer populêr nie.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com