Wanneer Jy Voel Jy Is in Die WoestynVoorbeeld

Wanneer Jy Voel Jy Is in Die Woestyn

DAG 8 VAN 8

Wanneer jy voel jy is in die woestyn

In die woestyn kom openbaar God Homself aan jou. Hy bring jou na ’n nuwe vlak van intimiteit met Homself. In die woestyn kom sê God dat Hy vir jou lief is. Hoe nodig het ons dit nie. Die een enkele ding waaraan Christene die meeste twyfel, is of God werklik vir hulle lief is. Ons kan maklik glo dat God ander mense lief het, maar vind dit moeilik om te glo dat God “my” ook lief het – intens en persoonlik lief het. In die woestyn wil God seker maak dat jy sal hoor: "Onthou, Ek het jou eerste liefgehad. En Ek sal graag wil hê jy moet terugkom na jou eerste liefde." Dit beteken ook: kom terug na die Een wat jou eerste liefgehad het.

Daarom, wanneer God ons woestyn toe vat, is dit ten diepste om sy liefde aan ons te bewys, alleen met ons te wees en om ons met teerheid te versorg: “Hy het sy volk in die woestyn gevind, in ’n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu. Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog. Soos ’n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke wat hy oopsprei, soos ’n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra, so het die Here, net Hy alleen, sy volk gelei; daar was nie ’n ander god by Hom nie” (Deuteronomium 32:10-13).

‘n Laaste woord: Soms kan die woestyn ‘n gemaklike plek word. Ons wil daar bly. Dit is wanneer jy moet onthou dat die woestyn net op die ou end sand is. Dit is nie ‘n plek om te bly nie. Jy is nie geroep om in die woestyn te bly nie, hoewel God jou soms woestyn toe sal vat om jou te leer en van jouself te red.

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer Jy Voel Jy Is in Die Woestyn

So dikwels hoor ons mense sê: "Ek voel of ek in die woestyn is." Mense "voel" God nie, hulle "beleef" Hom nie. Hulle voel verdwaal. Vir sommige is dit weke of maande of jare al wat hulle so voel. Dit voel nie of God naby is nie. Hulle voel verwerp, oorbodig, niks maak sin nie. Is die Bybel ooit die waarheid? Hierdie leesplan behoort jou te help om meer sin te maak van jou situasie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com