Wanneer Jy Voel Jy Is in Die WoestynVoorbeeld

Wanneer Jy Voel Jy Is in Die Woestyn

DAG 7 VAN 8

Wanneer jy voel jy is in die woestyn

Soms, soos in die geval van Elia, gebruik God die woestyn om ons nuwe dimensies van Homself te leer wat ons nie geken het nie: "Maar die Here sê vir hom: “Maar die Here sê vir hom: 'Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.' Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte" (1 Konings 19:11-12).

Die Woord leer ons dat die Gees van God soos ’n wind is wat waai waar Hy wil (Johannes 3:8), dat God ’n verterende vuur is en vuur uit die hemel gee (Hebreërs 12:29; 1 Konings 18) en dat God aardbewings veroorsaak (Handelinge 16), maar in hierdie geval wou God vir Elia leer dat Hy die God is wat soms ook saggies in die windstilte fluister.

Die woestyn is vreemd genoeg ook die plek van wonderwerke — daar gee God manna en kwartels en water uit die rots en leer God ons om ons nie oor môre te bekommer nie. Wanneer ons vir twee dae manna wil optel, word dit altyd vrot. God laat ons nie toe om sy voorsiening op te hoop nie. (Hier gaan dit nie oor rentmeesterskap waar God geld en besittings aan ons toevertrou word wat met wysheid bestuur moet word nie.) Ons moet leer om in geloof en vanuit geloof in God, te lewe. In die woestyn het God vir Moses ‘n staf gegee – daardeur sou die wonderwerke gedoen word. Deur die staf het God vir Moses wonderwerke gedemonstreer. Vir die nuwe werk wat jy sal moet doen, sal daar wonderwerk wees – en daarvoor het jy ‘n staf van God nodig.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer Jy Voel Jy Is in Die Woestyn

So dikwels hoor ons mense sê: "Ek voel of ek in die woestyn is." Mense "voel" God nie, hulle "beleef" Hom nie. Hulle voel verdwaal. Vir sommige is dit weke of maande of jare al wat hulle so voel. Dit voel nie of God naby is nie. Hulle voel verwerp, oorbodig, niks maak sin nie. Is die Bybel ooit die waarheid? Hierdie leesplan behoort jou te help om meer sin te maak van jou situasie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com