Wanneer Jy Voel Jy Is in Die WoestynVoorbeeld

Wanneer Jy Voel Jy Is in Die Woestyn

DAG 1 VAN 8

Wanneer jy voel jy is in die woestyn

Die volgende gedeelte in Deuteronomium 8:2-5 is een van die beste beskrywings van wat dit beteken om in die woestyn te wees.

"Jy moet onthou hoe die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het. Hy het dit gedoen om jou nederig te laat word en om jou op die proef te stel sodat Hy kan weet wat jy dink en of jy sy gebooie sal gehoorsaam of nie. Hy het jou laat swaarkry, laat honger ly en toe met manna gevoed, iets waarmee nóg jy nóg jou voorvaders bekend was. Hy het dit gedoen om jou te leer dat ’n mens nie net van brood leef nie, maar dat hy leef van elke woord wat uit die mond van God kom. Jou klere het in die veertig jaar nie verslyt nie, en jou voete het nie geswel nie. Jy moet diep in jou hart weet: soos ’n man dissipline by sy seun kweek, so het die Here jou God vir jou dissipline geleer."

Daar is ’n woestyn vir ons elkeen. Selfs vir Jesus, die Seun van God, was daar ’n woestyn (Matteus 4:1-11). Eers daarná het sy openbare bediening begin en het hy gesê: "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom "(Matteus 4:17). Woestyntye is onafwendbaar vir elke persoon wat begeer dat God hulle sal gebruik en wat weet dat God hulle geroep het. Ons beland nie per ongeluk in die woestyn nie, God vat ons self daarheen. Dit was die Heilige Gees wat Jesus woestyn toe gevat het. Indien ons saam met God wil stap, beteken dit dat ons saam met Hom tot binne-in die woestyn sal moet stap. Israel moes leer dat indien hulle wou hê God moes by hulle bly, hulle saam met Hom in die woestyn sou moes gaan bly.

En God self kies watter woestyn.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer Jy Voel Jy Is in Die Woestyn

So dikwels hoor ons mense sê: "Ek voel of ek in die woestyn is." Mense "voel" God nie, hulle "beleef" Hom nie. Hulle voel verdwaal. Vir sommige is dit weke of maande of jare al wat hulle so voel. Dit voel nie of God naby is nie. Hulle voel verwerp, oorbodig, niks maak sin nie. Is die Bybel ooit die waarheid? Hierdie leesplan behoort jou te help om meer sin te maak van jou situasie.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com