21 Dae GebedVoorbeeld

21 Dae Gebed

DAG 21 VAN 21

Jesaja 40:31 is een van my gunstelingverse in die Bybel. Die kerngedagte is dat ons aangemoedig word om op die Here te wag.

Maar wat beteken dit om op die Here te wag? As ek mag eerlik wees, vanweë my geaardheid is om te wag nie iets wat ek graag doen nie. Ek is ongeduldig en ek voel so verantwoordelik dat ek altyd eerder iets doen of soek om te doen as om net te wag.

Om te wag op die Here is nie vermorste tyd nie. Dit dui eintlik glad nie op tyd nie. Om te op die Here te wag beteken om met jou hele wese na Hom te kyk en op Hom te vertrou. Nie passief nie, maar aktief! Hierdie frase word gereeld in die Bybel gebruik en daar volg ’n belofte daarmee saam.

Dink maar aan Psalm 27:14 wat ons vandag gelees het. Die vers eggo die gedagte van Deuteronomium 31:6: "Wees dapper en sterk; moenie bang wees nie en moenie vir hulle skrik nie, want die Here jou God, Hy is die Een wat saam met jou gaan; Hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie."

Vertrou op die Here met jou hele lewe, jou hele wese en kyk na Hom vir leiding, hulp, krag, ens. As jy dit doen, sal Hy saam met jou gaan, Hy sal jou nie in die steek laat nie en Hy sal jou nooit verlaat nie.

Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Gebed

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/