21 Dae GebedVoorbeeld
Wanneer ons God se beloftes bid, doen ons wat die Woord van God ons leer om te doen. Ons reageer op Jesus se opdrag en ’n belofte in Matteus 7:24: "Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ’n verstandige persoon wie se huis op rots gebou is." Dit is nie ’n goedkoop, "name it and claim it" lering nie. Jy is gehoorsaam as jy God se woord, wat van toepassing is op die situasie wat jy beleef, bid.
Volgende keer as jy een van die volgende beleef, bid die toepaslike Skrifgedeeldte daarmee saam:
Uitdagings — Romeine 8:37 NLV — "Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n klinkende oorwinning te behaal — deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het." (1 Johannes 4:4 en Lukas 10:19)
Finansiële Uitdagings— Filippense 4:19 NLV — "Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het."
Ontstelde Emosies — Psalm 27:1 NLV — "Die Here is my lig en my redding. Vir wie moet ek dan vrees? Die Here is my lewenstoevlug. Vir wie sal ek dan bang wees?"
Siekte — Psalm 103:2-3 — "Ek wil die Here prys en nie al sy goeie dade vergeet nie. Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes."
Veiligheid — Psalm 121:8 — "Die Here hou wag oor jou, of jy kom of gaan, nou en vir altyd."
Die Psalms is ook natuurlik fantastiese gebede wat ons kan gebruik wanneer ons bid. Maak gerus gebruik van die Psalms, ’n baie goeie plek om te begin is Psalm 145, 23 en 51.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/