21 Dae GebedVoorbeeld

21 Dae Gebed

DAG 18 VAN 21

Gebed is ’n geloofsaksie.

Gebed is om met God te praat, met Hom te kommunikeer. Hebreërs 11:6 leer ons dat dit geloof verg om tot God te nader — dit is die vertroue dat Hy daar is en dat Hy na ons luister en ons beloon.

Jakobus, die half-broer van Jesus, meld drie keer die belangrikheid van die verband tussen geloof en gebed (Jakobus 1:5-8; 4:2-3 en 5:13-18). Hy gebruik uiteindelik Elia as voorbeeld, nie omdat Elia ’n spesiale profeet was nie — hy meld baie spesifiek dat Elia ’n mens net soos ons was (5:17) — maar eerder omdat Elia die voorbeeld is van hoe ons ’n gebed van geloof, of dan ’n geloofsgevulde gebed kan bid.

Die patroon is:

Elia het God se woord geglo en daaraan uitdrukking gegee. Dan vra hy God om sy woord te hou of na te kom.

Dit is die patroon van ’n gebed van geloof:

Glo God se Woord en gee dan deur gebed uitdrukking aan God se Woord en vra Hom om sy Woord te onderhou.

Dit is wonderlike nuus want ons almal kan die Woord van God nog beter leer ken en nog meer ruimte in ons lewens skep vir gebed. Dit beteken ons kan groei in ons gebedslewe!

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Gebed

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/