21 Dae GebedVoorbeeld

21 Dae Gebed

DAG 20 VAN 21

In die Ou Testament het God die Israeliete geroep om sy volk te wees. Hulle is sy eiendom en afgesonder vir Hom. Dit het ingesluit dat die volk God sal dien as sy priesters en om ’n toegewyde nasie aan Hom te wees.

Petrus brei hierdie gedagte uit deur te verduidelik dat elke kind van God deel is van ’n spesiale priesterskap wanneer hy skryf: "Julle taak as tempel is om heilige priesters te wees wat geestelike offers bring". Die priesterskap van die Ou Testament was maar ’n skadu van die Nuwe Testament se realiteit dat ek en jy soos priesters na God toe kan en moet gaan om geestelike offers te bring.

Geestelike offers kan baie dinge insluit, maar is in die eerste plek gebede en intersessie (gebed vir en namens ander). Wat ’n wonderlike voorreg! Eers kon net die volk van Israel dit doen, ’n uitverkore volk en later slegs die priesters — daardie uitverkore groep in die volk van God.

Maar nou, omdat Jesus ons groot Hoëpriester is, kan ons saam met Hom en deur Hom ook tot God nader. Om tot God te nader is nie meer net vir sekeres nie, dit is nou elke kind van God se voorreg. Jesus gee ons toegang tot God die Vader, Hy is ons voorbeeld hoe ons tot God nader. Hy is die groot Hoëpriester wat elke kind van God deel maak van God se spesiale heilige priesters!

Vir verdere studie lees gerus ook Hebreërs 4 en 1 Johannes 1 en 2.

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Gebed

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/