21 Dae GebedVoorbeeld

21 Dae Gebed

DAG 1 VAN 21

Gebed — spesifiek 'n getroue en opregte gebedslewe — is die een seker teken van 'n opregte kind van die Here se lewe.

Dit is net soos wanneer ‘n baba die wêreld inkom. Die baba begin asemhaal — ontvang die kern lewensbron van suurstof — en met die hulp daarvan begin hy of sy lewe. Wanneer die Heilige Gees in ons woning maak — dit is wat jou 'n kind van God maak — is ons eerste reaksie om te bid. Gebed koppel ons aan die bron van alle lewe, God self.

Die aanspreekvorm in elke gebed in die Nuwe Testament is "Ons Vader" wat in die hemel is. Dit is ‘n wonderlike en bemoedigende waarheid. Ons is deur Jesus Christus nou kinders van God en dit is ons voorreg om dit te beleef en te herdenk elke keer wanneer ons bid.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Gebed

Lewende Woord Midrand se 21 Dae Gebed Leesplan is geskryf om jou aan te moedig om meer te leer oor gebed en om jou verhouding met die Here te verdiep en te versterk. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.lewendewoordmidrand.co.za

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/