21 Dae GebedVoorbeeld
Kinders van God leef eerstens met die realiteit van God se bestaan en die oortuiging dat Hy bestaan en betrokke wil wees in ons lewens. Hierdie realiteit is nie net 'n wete nie, dit is ‘n bewustheid en 'n oortuiging. Baie mense weet van God, glo in sy bestaan, maar as ek soos ‘n kind van God leef, is ek oortuig van Hom en heeltyd bewus van Hom.
Tweedens, kinders van God beoefen sy teenwoordigheid. Hierdie frase is bekend gemaak deur Brother Lawrence, die sewentiende eeuse gelowige wat die boek Practicing the presence of God' geskryf het. Om God se teenwoordigheid te beoefen is om van die wete dat Hy bestaan en teenwoordig is, te groei na die oortuiging dat Hy werklik teenwoordig is.
Derdens, wil kinders van God Hom eer en tevrede stel. Wanneer ons die liefde van God vir ons, die realiteit van sy bestaan en betrokkenheid by ons, beleef, kan ons nie anders as om daarop te wil reageer nie. Hierdie reaksie is 'n dryfveer — gehelp deur die aandrywing van die Heilige Gees — om so te leef dat ons lewens waardig is van God se groot liefde en om te getuig van die realiteit van wie Hy is.
Aangaande hierdie leesplan
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/