21 Dae GebedVoorbeeld

21 Dae Gebed

DAG 9 VAN 21

Wat word hier bedoel? Kan ons enige iets vra? Sal alles wat ons wil hê vir ons gegee word as ons die frase "in die Naam van Jesus" byvoeg tot ons gebede?

Die boodskap hier is dat ons van God die Vader daardie dinge moet en kan vra wat Jesus, namens ons, ook van Hom vra. Daardie gebede sal God antwoord.

Jesus assosieer Homself met ons gebede wanneer ons gebede uitdrukking gee aan dit wat Hy vir ons wil hê. Jesus sien uit daarna dat sy dissipels en volgelinge op Hom staat maak en daardie dinge vra wat Hy reeds namens ons vir die Vader gevra het. Dit bring eer aan Hom!

Die Vader wil gee en doen wat sy Seun vra, die Seun wil hê dat God se aangenome kinders die Vader sal vertrou soos wat Hy doen, dat ons daardie vertroue sal uitspreek in gebed. Kinders wat hulle vaders ken vra graag vir dit wat op die vader se hart is om vir hulle te gee.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Gebed

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/