21 Dae GebedVoorbeeld

21 Dae Gebed

DAG 11 VAN 21

Wat is liefde vir die Here? Liefde vir die Here word uitgedruk in aanbidding en diens aan die Here met die doel om Hom te gehoorsaam, sy Naam groot en bekend te maak en om Hom te vereer.

Dit word aangevuur deur die groot genade wat ons van Hom ontvang het. Ons het Hom lief omdat Hy ons eerste lief gehad het. Hy het sy liefde gewys deur Homself vir ons te gee. Ons kan nou nie anders as om in reaksie ook onsself vir Hom te gee nie.

Maar solank ons hier op aarde is, gaan sonde altyd probeer om liefde vir die Here te verdraai deur middel van menslike trots wat ons van God en ander mense af weghou. Liefde vir die Here word geabsorbeer deur ons selfgesentreerdheid en ons geneigdheid om net op ons eie belange en onsself te fokus. Hierdie selfliefde wat in kontras staan met ons liefde vir die Here, beperk en frustreer ons gebede.

Om die Here met oorgawe te aanbid en voluit te dien, is die enigste teenmiddel teen flou en selfgesentreerde gebede!

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Gebed

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/