21 Dae GebedVoorbeeld
In hierdie wêreld bevind elke kind van God hom- of haarself in die middel van ’n oorlog, ’n innerlike stryd. Die stryd is die stryd tussen gees en vlees, of anders gestel tussen die dinge wat die Here se wil vir ons is en die dinge wat die sondige geaardheid van die mens na neig.
’n Kind van die Here is verlos van sonde en oordeel (Romeine 8:2), ons sonde is vergewe (Efesiërs 1:7), ons is kinders van God (Johannes 1:12), ons het die ewige lewe (1 Johannes 5:11) en daarmee saam elke ander voordeel van kind van God wees. Maar die daaglikse stryd tussen gees en vlees, tussen wat die Here vir ons wil hê en ons vlees wat na sonde neig, bly.
Ons liggame het aptyte en begeertes wat natuurlik is. Sonde probeer daardie aptyte stuur na wat teen die wil van God is. Ons moet aanhou om daarteen te veg.
Dit klink nie na goeie nuus nie, maar dit is! Ons het in verhouding elke voordeel wat ek reeds genoem het. Ons het die Gees van God in ons wat die oorwinning verseker (Romeine 8) en in tye soos hierdie 21 Dae Vas en Gebed kan jy, soos jy verdiep en versterk in jou verhouding met die Here, ervaar hoe die gees oorhand kry oor die vlees in jou lewe. Hoe die dinge van die Here sterker raak as aardse aptyte.
Aangaande hierdie leesplan
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/