21 Dae GebedVoorbeeld
Hoe dikwels behoort ons vir ‘n spesifieke behoefte te bid?
Wel, Jesus se woorde in Lukas 11 is ’n les in gebed en is juis ’n antwoord op hierdie vraag?
Die woorde “vra, soek en klop” (vers 9) is in die deurlopende vorm. Dit beteken ons moet aanhou “vra, soek en klop” sodat daar gegee, gevind en oopgemaak sal word. Die implikasie is dat as ons vir ’n behoefte bid, ons sal aanhou bid en vertrou sonder ophou.
Jesus was besig om sy dissipels te leer hoe om te bid (Lukas 11:1-4) toe Hy ’n voorbeeld gebruik het van ’n man wat om middernag na sy vriend toe gegaan het (Lukas 11:5-8) om hom vir drie brode te vra. Jesus gebruik hierdie vertelling om die beginsel van aanhoudende gebed te verduidelik.
Hierdie aanhoudende gebed se bedoeling is nie om lastig te wees of te pla nie (alhoewel dit die letterlike betekenis van die Griekse woorde is wat hier gebruik word). God word nie gepla tot Hy reageer nie, eerder is dit dat God graag op die vrymoedige en oop gebede van sy kinders wil reageer.
Lukas 11:1-10 moet ook saam met Matteus 15:21-28 gelees word as ons wil leer oor oënskynlik onbeantwoorde gebed. ’n Vrou van Kanaän kom na Jesus en versoek dat Hy haar dogter moet help. Jesus reageer nie op haar versoek nie, maar sy hou aan.
Toe sy aanhou, het Jesus aan haar versoek voldoen. Hierdie vrou se geloof is getoets en sy is beloon deur genesing vir haar dogter.
Gebede wat dikwels nie onmiddellik verhoor word nie, kan wees om ons geloof te toets en te versterk. Dit mag God se wil wees dat ons aanhou om Hom te vertrou en dat ons daardie vertroue uitdruk in gebed voordat Hy ons behoeftes beantwoord.
Martin Luther het gesê: “Gebed behels nie om God se onwilligheid te oorkom nie, maar om op sy gewilligheid aanspraak te maak."
Aangaande hierdie leesplan
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More
Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/